Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

30 June 2012

Besoek aan die graf van Eva, ons almoeder

Kowie Swiegers

Sê nou vir my dis nie die droom van enigiemand wat sy lyf genealoog probeer hou nie: om by die graf van die persoon uit te kom waarheen ons almal, volgens die Bybel, ons stamboom kan terugvoer?

29 June 2012

Teater in die bosveld

Diek van Wyk

Ek het op ‘n klein plekkie in die Noord-Transvaalse bosveld groot geword. Die naaste dorp, Louis Trichardt, was 71 km daarvandaan en die naaste hospitaal op Pietersburg, 101 km weg. (Ek hou maar by die name van destyds). Dié afstande is met vandag se paaie, wat reguiter is as wat dit toe was. Destyds het hulle meer gekronkel en was hulle heelwat langer, ook en veral wat die aanvoelbare afstand betref.

My pa was die hoof van ‘n skooltjie  van 4 onderwysers en net meer as 100 leerlinge. Omdat die meeste leerlinge van ver gekom het, is hulle in ‘n koshuis gehuisves. Dié wie se ouers hulle kon kom haal, het al om die tweede naweek huistoe gegaan; die res moes met langer tussenposes genoeë neem of maar ‘n hele kwartaal in die koshuis uitsit.

Kursus in familienavorsing


Daniel Jacobs het in 2004 ‘n kursus in familienavorsing in pdf-formaat opgestel wat 389 bladsye beslaan, ‘n aanduiding van die omvang en deeglikheid van die werk.

Dit is ‘n goudmyn van inligting.

Die kursus mag nie sonder sy toestemming versprei of gedupliseer word nie. Lede wat belang stel kan probeer om meer inlingting te bekom by dmjacobs@absamail.co.za of http://safamily.zonke.co.za.

28 June 2012

My tog deur die woude van die genealogie op soek na die "Rooties"


Stief Rootman

Ek het maar `n terloopse belangstelling in my herkoms gehad en aangesien my ouers Transvalers van geboorte was en later in die Kolonie kom bly het, het ons buite die sirkel van familiekontak gebly.  Daar was dus min of geen interaksie met hulle.  Behalwe vir `n paar ooms en tannies en neefs en niggies het ek min van die familie geweet.

Die legende van Gert Houtkanon

Barry Vosloo

Ek is ‘n direkte afstammeling van Gerrit Vosloo (1768 – 1860).

Hy was glo 'n voortvarende en rebelse man; iemand wat nie gehuiwer het om drasties op te tree as daar 'n statement te maak was nie.

Wamaker van nering, het hy op Graaff‑Reinet gewoon waar hy op 6 April 1799 aan die Van Jaarsveld‑opstand deelgeneem het. Die gebeure wat tot die opstand aanleiding gegee het is ‘n storie vir ‘n ander dag. Wat wel vir hierdie vertellinkie van belang is, is die rol wat Gerrit Vosloo volgens oorlewering daarin gespeel het.

06 June 2012

How my interest in genealogy was sparked and how it grew

Maureen McCleland

In 1999 when I was librarian of a college resource centre in East London for a few years my ‘boss’, who was the deputy principal of the college, told me about his hobby – genealogy. This piqued my interest, especially when he explained about the genealogy interest groups that communicated via e-mail. He also explained about all the information available on the internet and gave me a few websites to look at. I did not know then what an adventure lay in store.

05 June 2012

Herinnering en belewenis

Diek van Wyk

In die kusdorpie waar ek woon het ons ‘n groepie wat maandeliks vergader om rondom genealogie te gesels. Nou is daar nie veel i.v.m. genealogie as sodanig waaroor gedagtes uitgeruil kan word nie en ‘n mens raak in elk geval gou verveeld om na ander se stories oor hulle herkoms te luister. Gevolglik word daar meesal gepraat oor aanverwante onderwerpe, historiese interessanthede en veral oor die ou dae.