Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

31 July 2012

I'm my own Grandpa ...

View this very funny video clip. Click here to access.

Family tree genealogy book store website

According to the blurb, this website (click here to access) was built to give those with an interest in family history research a means to purchase the titles they need for a reasonable price.

Die Kouga-begraafplaasprojek

Naas Olivier 

Die Kouga-begraafplaasprojek is onlangs van stapel gestuur. ‘n Span is uit belangstellendes saamgestel en sluit Carol Beneke (koördineerder), Ludwic Beneke, Naas Olivier, Rob McCleland, Theo Vosloo, Emmarentia Ferreira en Stief Rootman in.

30 July 2012

Vroue in die geslagsregisters van Genesis


Gerda de Villiers

Inleiding
Geslagsregisters is nie die opwindendste gedeeltes in die Hebreeuse Bybel nie. Meestal bestaan hulle uit lang lyste met vreemde name van karakters van wie ‘n mens dikwels nooit weer hoor nie. En tog vervul geslagsregisters ‘n belangrike funksie. In die Ou Testament waar geslagsregisters aan die einde van ‘n storie gegee word, vertel elke naam iets oor die verlede of slaan ‘n brug na die toekoms. Byvoorbeeld, na die vertelling van die skepping van die wêreld, volg die geslagsregister van Adam tot by Noag en sy seuns (Gen 5). Die vloedverhaal word dan vertel, en eindig met die nageslag van Sem, Gam en Jafet (Gen 10). Daarna word Sem se nageslag uitgesonder (Gen 11:10-24) om die oorgang na die verhale van die aartsouers te bied: Abraham en Sara, Isak en Rebekka en uiteindelik Jakob en sy vroue.

Tradisioneel bevat geslagsregisters die name van die vaders, die name van die mans. Maar sonder vroue sou daar geen stamboom gewees het nie! In hierdie teo-bydrae wil ek veral die rol van vroue in die geslagsregisters van die boek Genesis bekyk. 

Sondes met outydse fietse

Diek van Wyk

My eerste fiets het ek in 1935 of 1936 gekry. Fietse het destyds in vier verskillende groottes gekom, bepaal deur die deursnit in duime van die wiele: 22, 24, 26 en 28. Myne was ‘n 22, bedoel vir kleintjies van so 6 tot 7 jaar.

My pa het die verantwoordelikheid om my daarop te leer ry aan ou Abel gedelegeer. Abel se didaktiese vermoëns was egter nie onbesproke nie. Hy het naamlik die fiets aan die saal vasgehou en al agter my aangedraf sonder om te los, met die gevolg dat ek nie geleer het om self reg te kom nie. My pa moes hom toe aansê om my net te help totdat ek my balans behoorlik het en my dan te los. Maar toe het dit weer nie tot hom deurgedring om my in te lig hoe om die fiets tot stilstand te bring as ek eenmaal op vaart is nie. My eerste onbegeleide rit het dus in ‘n heining geëindig, met onbedoelde gevolge vir die heining, die fiets, my nerwe en my ego.

29 July 2012

What’s in a name … ?

Barry Vosloo

Romeo en Juliet
Shakespeare se Juliet vra: "What's in a name? That which we call a rose by any other name would smell as sweet."

Sy praat natuurlik met haar kêrel, Romeo Montague, en probeer hom wysmaak dat ‘n naam eintlik ‘n kunsmatige en betekenislose konvensie is. Sy het hóm lief en nie die Montague-naam of –familie nie.

‘n Mens kan aanvaar dat Juliet dié woorde in ‘n waas van verliefdheid gebruik het sonder om te besef dat genealoë name sorgvuldig moet oorweeg as hulle van plan is om familiestambome te klim.

27 July 2012

Dawid Stuurman

One of the interesting stories told by Kobus Reichert, guest speaker at our meeting on 25 July, dealt with Dawid Stuurman. Kobus is the heritage co-ordinator of the Gamtkwa Khoisan Council.

Dawid Stuurman played a key role in the Khoi Rebellion, or Third Frontier War, which lasted from 1799 to 1803. He was born near the Gamtoos River in the Eastern Cape in 1773.

26 July 2012

Korrektheid van bronne

Amateur-genealoë – soos ons – ondervind dikwels probleme met die korrektheid van die bronne wat ons met groot moeite opgespoor het. Hoe nou gemaak?

Die onderstaande gesprek het vroeg in Junie 2007 op SA Genealogie plaasgevind: 

25 July 2012

e-SAGI

Japie Bosch

Lucas Rinken
e-SAGI staan vir “Elektroniese Suid-Afrikaanse Genealogiese Indeks”. 

Dit is 'n projek van die Wes-Gautengtak van die SA Genealogiese Genootskap. Lucas Rinken is die man wat die projek begin het. Hy het letterlik duisende ure reeds hieraan bestee en werk nog elke dag hieraan.

Dit bevat genealogiese besonderhede van meer as 600 500 mense, maar dit het ook koppelings na hulle voorouers en families. Teen hierdie prys is hierdie inligting vir 'n genealoog 'n winskoop duisend en 'n hulpmiddel soos min. Die opbrengs uit verkope gaan na die tak.

24 July 2012

The Lauterbach organ: a historical asset for the Eastern Cape

Johan Strydom

The Lauterbach organ is the oldest South African-built pipe organ.  There are older pipe organs in the country, but was imported from Europe and the USA as a whole, and rebuilt in South Africa.  This makes the Lauterbach organ an important heritage object.

23 July 2012

Another good story bites the dust

Myra Bosch

Legends of self-sacrifice and survival are common in the wake of great tragedies.

21 July 2012

Family medical trees can lead to healthy future

Linda Shrieves, Orlando Sentinel


When Elaine Powell's husband started having heart problems, she remembered his father died of a heart attack. That left her wondering if her husband had inherited a heart condition.

20 July 2012

e-Family

e-Family is a completely free genealogy site, mainly for those researching their roots in South Africa. Click here  to access.

Wie in ‘n glashuis woon ...

Barry Vosloo

Uitvoerige navorsing deur prof. J A Heese om vas te stel hoeveel wit (hoofsaaklik Hollandse en Duitse) inwoners van die Kaap tussen 1852 en 1800met sogenaamde nie-blankes getroud was, het in die vroeë sewentigerjare opsienbare feite aan die lig gebring. In sy navorsingsverslag (Die herkoms van die Afrikaner, 1971) beweer Heese dat meer as 1 200 sulke huwelike plaasgevind het (Alister Boddy-Evans:  Genealogy of Afrikaners 

19 July 2012

Die bleddie os

Diek van Wyk

Soutpansberg
Die meeste van my grootword het ek gedoen in die Soutpansberg-distrik, waar my pa die hoof van ‘n plaasskool was. Van tyd tot tyd het amptenare van die onderwys­departe­ment daar aangedoen. Soms het hulle hulle kinders saamgebring om ‘n bietjie bloot­stelling aan die Bosveld te kry, die “great outdoors” en so aan, en dan moes ek hulle geselskap hou, gewoonlik met min sukses. Tussen die kulture van ‘n stadsjapie en ‘n boslansertjie was daar in dié jare nie genoeg raakpunte vir geanimeerde kommunikasie nie.

18 July 2012

Een dorp sterwe sodat ‘n ander kan lewe.

Amor Olivier

Die eerste veeboerpioniers het alreeds omstreeks 1770 die Camdeboo en die Sneeuberge bereik, maar as gevolg van aanvalle en plundertogte deur die Boesmans, was daar teen 1778 feitlik geen blankes meer in die omgewing nie.

Jaarringe word selfs in Seattle gelees!


Hello Diek,

Geluk met die baie mooi blog. Goeie ontwerp, maklik om te lees. Ek het
dit baie geniet. 

Ek sien julle ontmoet een keer per maand. Wanneer is dit in
Februarie en Maart? Ons is vir 'n maand dan in Jeffreysbaai, en ek sal graag
by julle aansluit. 

Ek woon in Seattle, maar elke keer as ons hier aanland van ons vakansie, wonder ons hoekom ons nie maar in Jeffreysbaai woon nie.

So ek sien uit om julle te sien in Februarie.

Cecilia (Simonis).

(Cecilia se e-posadres is cecilia.simonis@gmail.com, indien julle aan haar wil skryf – Redakteur)

17 July 2012

‘n Nuweling in die genealogie se benadering tot familie-dokumentering

Japie Bosch

(‘n Klompie jare terug het Japie by ‘n maandvergadering van die Wes-Gauteng-tak van die Genealogiese Genootskap van SA vertel hoe hy as ‘n beginner die Genealogie benader het.  Wat hier volg is ‘n ietwat aangepaste weergawe van sy praatjie. Met sy vaardige pen word dit sommer ‘n begeleide reis langs die weë van genealogiese ontdekking vir diegene wat nog aan die begin van hul familienavorsing staan. Lees ook Kimberly Powell se artikel - Redakteur)

Die geskiedenis van Humansdorp

Diek van Wyk

Junie se spreker was Bartle Logie, skrywer van 7 boeke oor die Oos-Kaapse geskiedenis, een daarvan in samewerking met sy vrou Caryl, ‘n plantkunde-entoesias. Bart het sy praatjie toegelig met foto’s en genealogiese gegewens van die hooffigure in sy verhaal, of liewer verhale, rondom die ontstaan van Humansdorp. 

16 July 2012

Facebook en die genealogie

Japie Bosch

‘n Facebook-aanhanger was ek nog nooit, maar die afgelope maande het ek ontdek hoe nuttig dié netwerk met die opspoor van familie kan wees.  Voorgeslagte gaan jy nie kry nie, maar die nageslag wel.

Du Vinage-boek

Ferdie van Wyk, web-koördineerder van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, het bekendgemaak dat die Du Vinage-boek nou op sy webtuite beskikbaar is.

15 July 2012

Oom Joggie se gebed

Diek van Wyk

Julle kan sê wat julle wil, maar belangstelling in familegeskiedenis word gebore uit nostalgie. En nostalgie kyk na die verlede. Daarom het ek die vrymoedigheid om van tyd tot tyd ietsie oor die ou dae te plaas. Hierdie keer ‘n ware verhaal uit my grootword­wêreld, met net die name van die karakters aangepas.

My familiegeskiedenis

Barry Vosloo

Die titel van my familiegeskiedenis is Soos die skakels in ‘n ketting (1649 – 2010), Boek 1. Dit beslaan 326 bladsye. Ek het reeds begin om die eerste twee hoofstukke van Boek 2 te skryf.

14 July 2012

Orrelpomp en mallemeulestoot

James Sadie

Ek het die voorreg gehad op ’n redelik klein plattelandse dorpie groot te word. Sommige mense sou dit miskien as ’n agterlike dorpie beskou, veral die stadsmense wat toe al vir baie jare die gerief van elektrisiteit, yskaste, lopende water, warm water en outomatiese telefone gehad het. Nee, ons het hierdie geriewe nie geken nie.

13 July 2012

‘n Voormalige Recce se storie

Diek van Wyk

Peet Coetzee, ‘n voormalige Recce (SA Spesiale Magte Brigade), het onlangs ‘n praatjie tydens ons maandvergadering gelewer - uit die vuis uit, g’n notas, g’n niks. En toe ek hom vra vir ‘n opsomming, het hy net gelag. Hier volg ‘n baie kort verslag van wat hy vertel het.

‘n Toer deur Jeffreysbaai van weleer

Diek van Wyk

Een van ons jongste, of miskien moet ek sê: nuutste: lede is die 83-jarige Meeding Ferreira. Meeding is in die onmiddellike omgewing van Jeffreysbaai gebore, het hier grootgeword, het sy hele werkende lewe in hierdie omgewing deurgebring en woon nou op sy geboortegrond net buite die dorp. Onlangs het hy ‘n groep van ons deur die dorp en die naasliggende plase geneem en ons vertel hoe dit in sy kinderjare daar uitgesien het. Wat hier volg, is ‘n kort verslag van die toertjie, saamgestel uit notas wat hy tot my beskikking gestel het. Daar is geen manier waarop die samevatting reg kan laat geskied aan die rykdom aan inligting wat die energieke Meeding tydens die toer met ons gedeel het en al die landmerke wat hy aan ons uitgewys het nie.

12 July 2012

‘n Kerkhofuitstappie

(Johann Prozesky lewer verslag van sy en (eintlik) Ilse se deelname aan ‘n “kerkhofuitstappie” in Uniondale wat deur GGSA aansluitend by die werkswinkel in George gereël is – Redakteur)

Ons was heel opgewonde om te verneem dat die naweek sou afsluit met ‘n besoek aan die plaaslike begraafplaas, omrede ‘n aantal van Ilse se voorouers aan vaderskant daar ter ruste gelê is en ons gedink het dat ons iets meer van haar voorsate sou leer.

Ons het eens 'n plaas in Afrika gehad ...

Myra Bosch

Eers was daar net bos in die voormalige Rhodesië.

11 July 2012

Sluit gerus aan by SA Genealogie

Japie Bosch

Dis verbasend hoeveel mense in die genealogie belangstel, maar nie weet dat daar hulp is nie. Gevolglik sterf hul belangstelling dikwels asook die bydrae wat hulle tot die genealogie kon gemaak het.

10 July 2012

10 steps to writing your family history

Kimberly Powell

(Kimberly Powell is a professional genealogist, web developer, genealogy blogger and proud mother of three children. Click here for more information about Kimberly)

Yes, the research is the fun part. Writing a family history book just seems too daunting to be fun. But when the relatives start nagging, try the following 10 easy steps for making your family history book a reality.

09 July 2012

Genealogiewerkswinkel op George

Stief Rootman

Ek was bevooreg om die werkswinkel van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) te kon bywoon wat op 18 Maart op George gehou is.  Dit was ‘n geleentheid om genealogie en al die dissiplines wat daarby inskakel, aan die breë publiek van daardie omgewing bekend te stel.

08 July 2012

Hoe ek my voorouers opgespoor het

Godfried Potgieter

Inligting van Familielede
Elke handleiding beveel aan dat jy soveel inligting moontlik van ouer familielede inwin. Hulle het verjaardagboeke, Bybels, koerantuitknipsels van geboortes, troues, sterftes en nog ander gegewens. Die ouer geslag kan baie keer baie hulpsaam wees, maar wees net versigtig met die inligting, want dit is dalk “verbeter” om jou familie die “eerste en die beste” in die land te maak. Tog moet dié tipe inligting nie verwerp word nie, want daar is altyd feite waarop ‘n verbloemde storie gebaseer is.

In my geval het elke ouer familielid vas geglo in ‘n koerantberig oor ‘n goue bruilof waarin daar gestaan het dat ‘n agter-agter-agter-oumagrootjie met doopname Dorothea Maria Du Preez ‘n “niece of the Earl of Caledon” was. Dit was ‘n baie  interessante taak om te vind hoe dié stelling verkeerdelik gemaak was.

06 July 2012

Sendingfamilies

Ben Jackson

Motivering vir sending
In die sending gaan dit oor die verkondiging van die Evangelie as blye boodskap van verlossing. Dit gaan gepaard met ‘n opdrag en roeping en word ondersteun deur die toerusting van die Heilige Gees. Geloof in die Here Jesus en die getuienis aangaande Hom kan nie geskei word nie. Sending is dikwels ’n kruiskulturele aktiwiteit, meer so in Afrika as bv. by Paulus. Dit kan lei tot paternalisme maar moet gepaard gaan met die nodige nederigheid. Die kleurkomponent oorheers vandag nie meer nie. Daarom is daar sendelinge in Frankryk, België en Rusland. Daar het ’n spontane getuienis, as missionêre dimensie, van sendinggesinne uitgegaan oor die manier waarop ’n Christelike gesin funksioneer. Hierdie werk word ook gedoen ten spyte van moeilike omstandighede. In al die sendingvelde was dit ’n omvattende Evangeliebediening wat gepaard gegaan het met ’n missionêre diakonaat van mediese dienste, onderwys (wat insluit skole vir blindes en dowes), landbou en ander vaardighede.

05 July 2012

‘n Donkie is ‘n wonderlike ding

Diek van Wyk

Die donkie is 'n wonderlike ding
In die ou dae het die radio gereeld ‘n liedjie van Chris Blignault uitgesaai met die titel: “Die donkie is ‘n wonderlike ding”. Êrens in die liedjie, altans soos ek dit onthou, het die woorde "Hy loop op die strand en vreet 'n koerant" voorgekom. Dit moes bewys hoe wonderlik 'n donkie is.


04 July 2012

Nommering van geslagsregisters en kwartierstate

(Hieronder verskyn ‘n verduideliking wat van Isabel Groesbeek, genealogiese navorser en  inligtingskonsultant en voorheen Hoof: Genealogie-Inligting, RGN ontvang is aangaande die nommering van geslagsregisters en kwartierstate – Redakteur)

Geslagregisters: Die standaardnommering in RSA is in gebruik geneem deur CC de Villiers in die 19e eeu. Hiervolgens word 'n persoon se nasate só uiteengesit: die stamvader(s) (eerste bekende persoon in die land met die spesifieke familienaam) word as 'a1' of 'a2' of 'a3', ens. aangedui, kinders as die 'b'-geslag, kleinkinders as die 'c'-geslag, ens., met posisie van kind as syfer na die etter wat geslag aandui. 'n Individu het binne elke spesifieke geslagregister (per familienaam) 'n unieke reeksnommer op die plek waar jy inpas in die stamlyne van jou pa, ma, ens.

Die Ferreiras

Emmarentia Ferreira

Ek het my familie geken, maar nie ‘n besondere belangstelling daarin gehad nie.Toe word ek aan die diep kant ingegooi toe Janet Melville my vra vir my man se familie se inligting. Omdat hy een van tien kinders was, het dit in ‘n nogal lywige stukkie werk ontaard.

02 July 2012

Die Swarts en ander bekende families van die Overberg

Frank Swart

(Hieronder verskyn ‘n verslag van ‘n praatjie wat deur Frank Swart gelewer is tydens een van ons maandvergaderings. Toe ek hom vir ‘n opsomming vra, het hy my sy aantekeninge in die hand gestop: drie gedrukte bladsye met kriptiese notas, elk oor ‘n ander tema en elk mildelik voorsien van ewe kriptiese verbeterings en kantaantekeninge. Daaruit en uit wat ek onthou van sy praatjie moes ek dus ‘n samevatting prakseer. Ek hoop dit klop met ander aanwesiges se herinneringe daarvan – Redakteur)

My belangstelling in genealogie het begin toe ek as student kennis gemaak het met wyle dr. Con de Villiers, bekend as molekulêre bioloog, poliglot, vertaler van letterkundige werke, toneelopvoerder en musiekkenner.

01 July 2012

Laat jou rekenaar homself opruim

Japie Bosch

Net soos jou lessenaar soms deurmekaar raak soos jy hier en daar iets neersit en rondskuif, raak jou rekenaar se hardekskyf ook deurmekaar soos jy programme, data, foto’s, video’s (veral) of wat ookal aflaai of verwyder.

Hoe meer deurmekaar, hoe stadiger.

Jan Esterhuÿs word Jean Extreux

Barry Vosloo

Sover ek kon vasstel is ek ‘n negendegeslag-nasaat (aan moederskant) van Christoffel Esterhuÿs. Volgens dr. J H Esterhuyse (Die Esterhuizen familie in Suid-Afrika) het Christoffel in ongeveer 1684 vanaf Groningen, Noord-Nederland, in die Kaap aangekom.

Esterhuyse skryf dat dié familienaam nêrens elders ter wêreld aangetref word nie. Bowendien was dit nie Christoffel se oorspronklike van nie. Omdat hy, soos baie van sy tydgenote aan die Kaap, ongeletterd was, het kompanjie-amptenare sommer die familienaam vir hom uitgedink.

Maar dit was nie net kompanjie-amptename wat met die name van mense gepeuter het nie.

Stories oor die ou dae

Ons wil graag gereeld ‘n bydrae van ‘n lid plaas oor ‘n interessante onderwerp of ‘n storie, verkieslik oor die ou dae. Ons skop af met ‘n storie wat hom in die Verre Noord-Transvaal afgespeel het. Dit is geneem uit die nuusbrief Markplein waarby Diek betrokke is. Klik hier om toegang tot dié vertelling te verkry – Redaksie.

Familiewapens

Daniel Jacobs het die kwessie van familiewapens deeglik nagevors. Hieronder verskyn ‘n verkorte weergawe van 'n artikel waarin hy die aangeleentheid toelig - Redaksie.

**********

Ons gebruik van familiewapens het sy oorsprong in die Middeleeue, toe 'n ridder uitgeken is aan die wapen op sy skild, en is reeds ongeveer negehonderd jaar oud.

Daar bestaan 'n wanpersepsie by waarskynlik die meeste Afrikaners dat hierdie tradisie daarvoor voorsiening maak dat 'n familiewapen aan 'n hele familie kan behoort.

Een van die grondbeginsels van die heraldiek, of wapenkunde, wat internasionaal en oor eeue heen aanvaar is, is dat 'n spesifieke wapen net gebruik mag word deur een individu. Die hele gedagte was dat dit 'n stelsel van persoonlike uitkenning moes wees.