Pages

03 August 2012

Enigeen kan geskiedenis skryf

Barry Vosloo 

Volgens die Indiese historikus, Anjali Modi, bestaan daar ‘n groot gaping tussen gebeure wat die historikus uitbeeld en hoe gewone mense dieselfde gebeure beskryf. Eersgenoemde, sê hy, “is concerned about the practice of history writing, the uses of evidence, methods of interpretation … “ Laasgenoemde sien geskiedkundige gebeure dikwels “as a tool in [an] ideological campaign … in producing histories that justify its political goals.” 

Hiervan moet ‘n mens aflei dat dat gewone mense geskiedkundige gebeure op ‘n baie meer subjektiewe vlak interpreteer as die professionele ouens en dus ‘n skewe voorstelling daarvan gee. 

Ek het nuus vir Modi. Dit werk nie altyd so nie. 

My oupa aan moederskant, ds. Willem Johannes Esterhuysen (gebore 29 April 1879 in die distrik Carnarvon), bied in sy Herinneringen uit den Z. Afrik. Oorlog – wat hy waarskynlik kort na die sluiting van die Vrede van Vereeniging geskryf het - 'n insig in sy eie belewenis van hierdie veelbewoë tydperk van ons land se geskiedenis. 

Hy was ‘n veldprediker aan Boerekant en het sy taak soos volg beskryf: “Ik ging dus, maar ongewapend, behalve een bybeltje. Ik was vast besloten alleen aan myne roeping te beantwoorden, als Prediker, en in deze hoedanigheid myn leven te wagen in dien noodig” 

Oupa Willem skryf verder: “Kort na onze aankomst [in Ladysmith] in 't begin van November vertrok Genl. Joubert met een Paarden kommando naar Estcourt. Myn vriend en ik gingen mede. 

Op 23 November [1899] werden 2 kopjes anderkant Estcourt als posities ingenomen. 

Terwyl onze menschen daar waren moesten we een vreeselyk donderweer verduren. Het weerlicht en de donderslagen braken nooit af. Een burger van de brand wacht op het voorste kopje werd door den bliksem getroffen benevens eenige paarden. In die stormachtige duisternis bestormden de Engelschen het kopje gedurende den nacht, en dreven de wacht met de kanon er weg. Doch de volgende dag werden ze weer met groot verlies terug geslagen.” 

Volgens ‘n geskiedkundige by wie ek navraag gedoen het, het Oupa hier 'n ietsie van die Slag van Willow Grange beskryf wat net suid van Estcourt plaasgevind het. 

Ek wil oupa Willem se weergawe plaas naas die beskrywing van hierdie gebeure soos dit in die Times History of the War in South Africa (onder redaksie van L S Amery) opgeteken is. 

Ek haal selektief aan uit 'n gedetailleerde beskrywing van die gebeure: “During a drenching storm the troops marched some five or six miles to the base of a steep conical hill to the west of the Estcourt Willow Grange road. This warned the Boers that some serious move was contemplated, and their gun, whose capture was to have been one of the chief results of the night attack, was withdrawn ... The storm which had been raging in the afternoon began with renewed vigour after nightfall. For hours the men lay in the open in their thin khaki drill, drenched through and through with the sluicing downpour, and bruised all over with the stinging hail. Among the Boers one burgher and several horses were killed by lightning." 

Ek vind dit boeiend dat oupa Willem (‘n eenvoudige veldprediker) se weergawe van die Slag van Willow Grange in wese ooreenstem met die amptelike geskiedenis van die ABO. 

Hierin is myns insiens ‘n les opgesluit: moet nooit jou voorvaders se vertellings geringskat nie!