Pages

30 November 2012

Die Jeffreysbaaise Genealogiese Geselsgroep sluit jaar af

Naas Olivier
 
Die Jeffreysbaaise Genealogiese Geselsgroep het Woensdag, 28 November, sy aktiwiteite vir die jaar met ‘n vleisbraaiery op Meeding en Barendine Ferreira se plaas, Akkerboom, afgesluit.
Altesaam 26 persone het die gesellige byeenkoms op ‘n heerlike Oos-Kaapse somersaand bygewoon.