Pages

18 January 2013

Die Van der Merwes vier fees

Van 1 tot 3 Maart 2013 sal mense van regoor Suid-Afrika op die Backsberg-wynlandgoed byeenkom om hul familienaam en voorouers op die Van der Merwe-fees te vereer.

Dit sal dan 352 jaar wees vandat die eerste Van der Merwes in Tafelbaai geland het, agt jaar nadat Jan van Riebeeck daar aangekom het. 

Die fees probeer om mense te kry om in hul verlede te delf en hulle aan hul voorouers te herinner.

Met kosstalletjies, kunsuitstallings, toere na die oorspronklike familieplaas, ‘n kinderarea, geskiedkundige praatjies, ‘n Sarel van der Merwe-boekondertekening, musiekoptredes deur onder andere Wicus van der Merwe, asook die mej. Van der Merwe-kompetisie, is dit ‘n fees vir die hele gesin. 

Klik HIER vir meer inligting.