Pages

10 February 2013

Algemene Jaarvergadering van die GGSA

Die nasionale algemene jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika word op 16 Maart 2013 in die ou Landdrosgebou, Krugersdorp, gehou. Die Wes-Gautengtak van die Genootskap is die gasheer.

Benewens die jaarvergadering word verskeie byeenkomste aangebied.

Op 15 Maart word 'n Roodepoortmuseum-maanligtoer onderneem. Die koste van R60 per persoon, sluit 'n ligte ete in. Tydens die AJV op 16 Maart, verken metgeselle van die afgevaardigdes geskiedkundige/interessante plekke en geboue in Krugersdorp. Die koste van R60 per persoon, sluit 'n ligte middagete in. Later vind 'n gala-dinee in die saal van die Golden Age Village plaas. Sondagoggend, 17 Maart, vind 'n gratis gedenkdiens by Paardekraal Monument plaas.