Pages

16 July 2012

Du Vinage-boek

Ferdie van Wyk, web-koördineerder van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, het bekendgemaak dat die Du Vinage-boek nou op sy webtuite beskikbaar is.
Gaan na www.genza.org.za en klik op Publications en dan Family Registers.

Bo aan die lys verskyn die Du Vinage-boek. Dit is in PDF-formaat en laai redelik gou af.

“Baie dankie, Pieter du Venage, dat jy die boek aan ons beskikbaar gemaak het vir plasing op die Genza-webwerf.”

Ferdie van Wyk is in Centurion en sy selfoonnommer is:  082/556-8031.

Bron:  SAGenealogie.