Pages

26 August 2012

Nuwe tak van die GGSA gestig

Simon, van George, skryf op SA Genealogie:

Net om julle in te lig dat 'n nuwe tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika gister (24 Augustus) op George gestig is. 

Die tak beoog om die Suidkaap vanaf Albertinia-Stilbaai oor Mosselbaai, George, Knysna en Plett tot by Stormsrivier en ook die Klein Karoo in te sluit. 

Die tak sal dan ook as GGSA-Suidkaap bekend staan. 

Belangstellendes kan vir Wilkie Barkhuysen van George wat as voorsitter aangewys is, kontak by 082 826 1724. 

Dra ook die inligting oor aan vriende of familie wat in die genealogie belangstel en in die omgewing woonagtig is. 

[Lede wat nog nie by SA Genealogie aangesluit het nie, kan dit gerus oorweeg. Dit bevat ‘n magdom interessante genealogiese inligting. Klik HIER om uit te vind hoe ‘n mens te werk moet gaan – Red.]