Pages

13 January 2013

Die Groot Trek 175 jaar

Isabel Groesbeek skryf soos volg op SAGenealogie:

“Neem asb. kennis van die symposium, Die Groot Trek, 175 jaar - 1838-2013,
aangebied deur die SA AKADEMIE VIR WETENSKAP & KUNS.


Datum: Vrydag 25 Januarie (8h45-14h00).
Plek: Universiteit van Pretoria Groenkloofkampus, Admingebou: Raadsaal van Dekaan, Pretoria.
Navrae: Me. Linda Brink , Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by
linda@akademie.co.za.
Opening: Dr. Dione Prinsloo, HUB, SA Akademie [vir Wetenskap en Kuns].
Sprekers:
  • Prof. Louis Changuion met visuele vertoning: Louis Tregardt se trek oor die Drakensberge.
  • Dr. Jackie Grobler (UP): Die Dagboek van Louis Tregardt as waardevolle historiese bron.
  • Dr. Jeanette Ferreira: Die verhouding tussen geskiedskrywing en die historiese roman.
  • Prof. Gert van den Bergh: Voortrekkervestiging en die bydrae tot die onstaan van dorpe en bestuurstelsels.
  • Prof. Hans du Plessis: Die Groot Trek: storie of historie?
  • Me. Isabel Groesbeek: Op die spore van families ('n gevallestudie).
  • Me. Alana Bailey: Geloftedag deur die jare en waar ons vandag daarmee staan.
  • Genl. Gert Opperman: Die rol van die Erfenisstigting in ons geheue van die Groot Trek.
  • Samevatting deur prof. Fransjohan Pretorius."
[Isabel Groesbeek is sedert 1988 ‘n genealogiese navorser & - inligtingskonsultant, sedert 2000 die aanbieder van genealogie-werkswinkels 'Vanwaar Gehasi' in Pretoria en  sedert 2008 organiseerder van die  Genealogie- & Familie-erfenisfees te Pretoria – Red.]