Pages

12 January 2013

Godsdiens en Kultuur


[Ons lesers vra soms waarom Jaarringe geskiedenisstories plaas. Die antwoord is voor die hand liggend: "If you can understand the forces which shaped men's lives then you can better understand those men." (Van Greenwood in The Researcher's Guide to American Genealogy). Suid-Afrikaanse geskiedenisstories vertel van die storm en drang wat oor die jare heen ‘n groot invloed op die Suid-Afrikaanse psige gehad het; dit het ons nasionale karakter gevorm – Red.]

Die Christelike kerk het feitlik geen rol gespeel om slawerny aan die Kaap te beëindig nie. Van die 1820’s het vername koloniste egter klem geplaas op die rol wat die kerk kon speel om die oorgang van slawerny na vrye arbeid te vergemaklik.

Die gedagte dat dit moeilik is om ’n gedoopte Christen-slaaf te dissiplineer omdat die slaaf hom as ’n gelyke sou beskou, het moeilik gesterf. In die eerste helfte van die 19de eeu het die Christen- en Moslem-geloof vinnig onder die slawe posgevat. Sowel Christen-sendelinge as Moslem-imams het na meer as net hul volgelinge se geestelike welsyn omgesien. Hulle het slawe en Khoisanwerkers gehelp om by ’n harde en wrede wêreld aan te pas, en in sommige gevalle om die regstelsel te benut om reg te laat geskied.

Sowel die Christendom as die Islam het geletterdheid beklemtoon – nie as ’n doel in eie reg nie, maar om die heilige boodskap te verstaan. Godsdiens en onderwys het tot aan die einde van die 19de eeu nou met mekaar geskakel.

Klik HIER om verder te lees

Uit: Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika saamgestel deur Hermann Giliomee en Bernard Mbenga. In 2007 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, Kaapstad.