Pages

30 March 2013

GENEALOGIESE GESELSGROEP JEFFREYSBAAI SE MAANDELIKSE BYEENKOMS OP 27 MAART 2013



1.       Verskeie  interessanthede  het op die tafel  geland en die groep het almal insette en kommentaar gelewer, oor die volgende onderwerpe:-
*  Familie navorsing  en waar en hoe jy inligting kan bekom -  lede het  selfs hulp vir                 mekaar aangebied.
*  Die betroubaarheid van  inligting, want dit is ook maar net mense wat die inligting verskaf en vorms voltooi – bv. geboortesertifikate, sterftekennisse.
*  Die spelling van name en vanne.
*  Fotografering  van graftes.
*  Die bewaring van Bybels, registers en geskrifte met Genealogiese waarde  vir die nageslag.
*  Voorbestaan van Museums en bewaarplekke  is ‘n probleem in die nuwe Suid Afrika, dit kry nie genoeg  fisiese en finansiële bystand nie, wat meebring dat hulle nie kan  oorleef nie.   Baie word dan genoodsaak om te sluit en die inhoud  beland aan die einde van die dag in ‘n stoorkamer of op ‘n ashoop, of in die hande van persone wat geen waarde daaraan heg nie.
*  Die Bybels en die registers wat dateer uit die begin 1800 by die “United Congregational Church of Southern Africa” te Hankey (Die Hankey Sendingsstasie van 1800)  is geberg  in die kantoor van Rev. Hendrick Pillay.   Volgens hom het sy Kerk geen bewaarplek beskikbaar nie, dus is hy bereid om dit aan ‘n Museum of bewaarplek te skenk vir veilige bewaring.   Ons fotografiese span het die inhoud van die registers  en Bybels fotografeer  vir bewaring en navorsing.
*  Aangaande die bewaring van Bybels, register en dokumente van waarde was die gevoel van die groep dat ons eintlik niks daaraan kan doen om dit vir die nageslag te bewaar nie.  Die gevoel is dat instansies  hul eie stukke moet bewaar vir die nageslag.   As jy oor sodanige stukke beskik beskryf dit in jou testament en dan moet ons hoop en vertrou dat dit bewaar sal bly vir die nageslag.  Museums en bewaarplekke is nie die antwoord nie, omrede die voort bestaan daarvan nie gewaarborg kan word nie.
*  Aan die einde van die byeenkoms was die gevoel van lede teenwoordig dat die gesprekvoering baie interessant en leersaam was en dat daar meer sulke byeenkomste gehou moet word.

26 March 2013

Die Gewoontes van die Engelse.

Die gesprek oor die Britse gewoonte dat ‘n vrou haar man se van en solank as
wat sy getroud is, selfs sy naam, soos Mrs John Brown, moet aanneem het ‘n
200 jaar oue geskiedenis. Dit moes seker na 1806 toe die Britse regering die
Kaap oorgeneem het, ingesluip het. Hieronder is ‘n opsomming wat ek gemaak
het uit ‘n artikel van prof Herman Gilliomee wat baie insigwend is, waarin
hy uiteensit hoe liberaal die Nederlande en dan ook die Kaap was danksy die
Romeins-Hollandse reg. Dit is van belang as agtergrondkennis van ons
stammoeders.
Gedurende die sewentiende en agtiende eeu het die Romeins-Hollandse gesorg
dat die inwoners van Nederland die meeste individuele vryheid van alle mense
in Europa geniet het. Dié regstelsel het aan alle mense naamlik mans, vroue,
vrymense en slawe regte toegeken tot die mate dat die groot regsgeleerde
Voetius gesê het dit beskerm gelykheid en stel alle burgers gelyk.
Dit het meegebring dat vroue se wetlike posisie in Nederland beter was as
enige ander plek in Europa of Engeland. Die Romeins-Hollandse reg en die
Portugese reg was die enigste regstelsel in Europa wat gemeenskap van
goedere binne die huwelik erken het. ‘n Weduwee het dus met die dood van
haar eggenoot helfte van sy boedel geërf het en die seuns en dogters die
ander helfte. Hierdie bepaling het ook in die Kaap gegeld. Dit het tot
gevolg gehad dat ‘n vrou wat met ‘n geldige rede, soos egbreuk, van haar man
geskei het, geregtig was op helfte van sy boedel en dat sy al die roerende
goedere wat hy aan sy minnares gegee het, kon terug eis.
Die Hollanders het aan die vroue in Nederland en ook in die kolonies ‘n
aandeel in eiendomsreg gegee wat totaal onbekend was in die Engelse wêreld.
In Engeland en die ander Europese lande het die man by die huwelik, die
eienaar van sy vrou se roerende eiendom geword en het sy enige eis op sy
boedel verloor. In Nederland en aan die Kaap kon vroue handeldryf en ‘n
beroep beoefen sonder die toestemming van haar eggenoot.
Dit is opvallend dat die eerste Afrikanervroue aan die Kaap wat van
eenvoudige afkoms was en dikwels afkomstig uit weeshuise bewus was van hulle
sterk sosiale posisie as vroue. Hulle het aan die Kaap aansoek gedoen vir
lisensies wat dan ook aan hulle toegestaan is om gastehuise, kroeë of ander
besigheid te bedryf. Hulle kon wel nie as ‘n heemraad of ouderling dien nie
maar het gewone burgerlike status geniet.
Beste groete
Rentia Landman Reid

03 March 2013

Barry Ronge, Tracing back the family tree gave me something to chew on.

Barry Ronge




Tracing back the family tree gave me something to chew on.

I have always had a soft spot for the Pre-Raphaelite Brotherhood founded in 1848. They were writers and painters and as their nickname suggests, they looked not to the future, but to the past. What lay before them appeared particularly grim, as the clanking, belching, greedy Industrial Age roared in. They looked back to a passing era that was like a luminous illusion, spiritually rich and soulful. They chose to focus on the past, rather than follow the path of progress.

It was the Victorian era and the British Empire was conquering and claiming half the world. But these artists – like Dante Gabriel Rossetti, William Holeman Hunt and John Everett Millais – stayed stubbornly rooted in what they saw are a richly spiritual and unsullied beauty. They were the precursors of the hippie generation, but instead of singing struggle songs and chanting “make love not war”, they made paintings that have become classic works.

As I write this, I can almost hear an impatient voice saying “OK, I’m listening but get on with it,” so I will. While I was trawling through a book about the art and poetry of the Pre-Raphaelites, I found a version of my surname in print in a poem that Rosetti wrote about a priest named Johannes Ronge. That’s the kind of “blast from the past” that makes you wonder what comes next and I jumped onto the internet to find more info. I found Rosetti’s poem but that was something of a let-down. It was mawkish and sentimental. It reads in part: Oh! Gentle shepherd, dost thou wear/ Meek flowers on thy hair/ and dost thou pipe a simple song/ And love thy flock the whole day long?

Which made me reach for the Eno fruit salts.
So I dug around and found various accounts of the life of Johannes Ronge I was greatly relieved when I discovered a Ronge with education, a cultured man and a man of courage. Born in 1813, he was one of the free-thinkers of the day and he made the bold move to step away from the traditions of the Vatican. He created a congregation called New Catholics, but that entity eventually split and Ronge went on to create another congregation which he called German Catholics.

In 1848, Ronge and his family moved to England, first into Manchester and then to Leeds, where he and his wife cared for his parishioners, especially the starving children during the woes of the Industrial Revolution. Ronge was also remarkable in that he  constantly preached against anti-Semitism.

He was a man of high principals and deep compassion, and when he died in Vienna, his followers started moving through the world, not just in Germany and Europe. Some of the followers went to the US and another group came to South Africa as missionaries. How’s that for a useful clue!

So let me start with my actual name. I was christened Barry Johann Ronge. I am told that my mother had a cadenza when her mother-in-law insisted that I was going to be named Albertus Johannes, after some old granddad. Happily my mom won the battle by cutting my name down to Barry Johann. As for the Ronge surname, my search for the family origins had not produced much to celebrate. I did find a few people called Ronge on LinkedIn, but they are mostly business people promoting their professional skills.

I scoured the internet and found that there are fairly few Ronges in South Africa, but it’s even harder when you look elsewhere. The website Dynastree.com lists approximately 150 000 people called Ronge, who all live in North America. Given the size of North America, that number is miniscule, most of them live in California – all probably trying to get into the movie business.

I traced Ronge familie in the Canadian province of Saskatchewan, where they have founded a community called La Ronge on a property which includes a lake and wilderness park. It was, however, a surprise for me to learn in Canada, la ronge translates as “the chewed”. It seems that an army of beavers live close to the lake side and they have chewed down the trees to create dams in the streams and along the lake’s edge. The term le ronge also relates to fur trappers who apparently sat for hours chewing the hides of the creatures they had captured. This made the hides more subtle, which made them more valuable.
That’s not exactly the best image to conjure up when I think of the members of my diminishing Ronge clan.
But I guess we all have family secrets.

I did have a momentary lapse and thought it would be a good idea to stage a country wide indaba, just to see what the other Ronges look like. But then I thought of Trappers munching on their pelts and changed my mind. I reached for a book of Shelley’s poems instead.

Permission given to C.W. Beneke 25.02.2013 to publish.
This article was originally published in the Sunday Times on 17 February 2013.

02 March 2013

Notule van die vergadering gehou op Woensdag, 27 Februarie 2013

  1. Die aanwesiges word deur die voorsitter verwelkom.  Hy rig 'n spesiale woord van verwelkoming aan dr. Sias Odendaal (geleentheidspreker) en sy eggenote, Annatjie; Cecilia Simonis van Seattle en haar broer Gustav Barnard, ‘n inwoner van Jeffreysbaai; Barry Vosloo se eggenote, Rita.
  2. Lede aanwesig  -  17; lede afwesig met verskoning   -  6; lede afwesig sonder verskoning -  4.
  3. Nadat Barry Vosloo hom aan die groep bekend gestel het, het dr. Odendaal ‘n interessante praatjie oor die Odendaal-familie gelewer. Lees daaroor in Jaarringe.  Barry het dr. Odendaal daarna bedank.
  4. Cecilia Simonis se aanbieding het interessante besonderhede oor Seattle en haar gesin bevat. Sy het haar praatjie met foto's toegelig. Carol Beneke het haar bedank.
  5. Weens die verhuising van Barry en Rita Vosloo na Bela-Bela, is die voortbestaan van ons webjoernaal, Jaarringe, wat deur Barry behartig word, bespreek.  Dit blyk dat Barry die “eienaar” daarvan sal bly en dat net hy veranderings aan die struktuur kan aanbring, onder andere die bandjie bo-aan die tuisblad wat besonderhede in verband met die maandelikse vergaderings gee. Daar blyk twee opsies te wees, te wete (a) Jaarringe word deur Barry gesluit, of (b) iemand in die groep word deur hom gemagtig word om berigte te plaas. Die groep is van mening dat Jaaringe moet voortbestaan.  Carol Beneke willig in om die pligte oor te neem.  Haar aanbod word eenparig deur die groep aanvaar. Barry sal die nodige reëlings tref sodat sy haar pligte met ingang van 4 Maart kan begin nakom.
  6. Die meeste grafte en kerke in die Kouga is reeds gefotografeer en op die webwerf geplaas.   Daar is nog etlike begraafplase op plase wat gedurende die komende maand deur die span gefotografeer sal word.   Indien enige lid begraafplase/grafte fotografeer, moet dit asseblief Carol se aandag gebring word om duplisering te voorkom. Sy is ons span se koördineerder.
  7. Die ou kerkregisters uit die 1800s wat in besit van die “United Congregational Church of Southern Africa” op Hankey is en wat nog nie deur die span gefotografeer is nie, sal gedurende die komende maand vir bewaring gefotografeer word.
  8. Op voorstel van Hoffie Williams besluit die groep dat ‘n dag lange bustoer gedurende April onderneem sal word in die omgewing van Loerie, Thornhill en Van Stadens om besienswaardighede te besoek. Naas, Theo en Hoffie aanvaar verantwoordelikheid daarvoor.
  9. Diek van Wyk bedank Barry en Rita Vosloo vir wat hulle vir die groep beteken het - veral omdat Barry Jaarringe geïnisieer en dit op bekwame wyse behartig het.  Hy wens hulle alles van die beste in hul nuwe omgewing toe en verseker hulle dat die groep hulle sal mis.
  10. Diek van Wyk sal die groep op 27 Maart toespreek oor die genealogie van tale en die tale van Suid-Afrika.
  11. Die vergadering verdaag om 18:45.

Naas Olivier.