Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

16 October 2012

Ons vrome voorvaders en die geeste

Carla van der Spuy, Rooi Rose, November 2011

Die toonbeeld van die vroomheid. Eng en streng met die lettelike vertolking van die Bybel as hulle enigste riglyn. Stoere boere. Dit is hoe talle Afrikaannssprekendes aan hulle voorvaders dink.

Hulle was immers mense met een voet stewig op die plaas en die ander voet in die hemel. Dit het veral kort na die Anglo-Boereoorlog van doodgewone plaasspoke gewemel, maar Oupagrootjie sou hom tog nooit met heldersiendheid en die oproep van geeste bemoei het nie, want dis mos sonde. En daarvoor was hy en sy tydgenote heeltemal te Godvresend.

Toe nie. Die geskiedenis toon die teendeel.

Dit sal vir talle ‘n ontnugtering wees, maar in die joernalis Johannes de Villiers se nuwe boek, Agter die somber gordyn, word die sluier oor ons voorgeslagte se “donker kant” gelig.

Agter die somber gordyn kos sowat R250 by toonaangewende boekwinkels. Dit kan ook aanlyn by Boekblik bestel word. Klik HIER om toegang tot hulle webwerf te verkry.