Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

20 April 2013

Polisiemuseum in nood

Sylvia van Zyl

Menige misdaadskrywer kom doen navorsing in die stowwerige stoorkamers en argiewe van dié historiese ou gebou in die Pretoriase middestad.

Nuuskierige lede van die publiek kom loer ook daagliks hier in om navorsing te doen oor ’n swart skaap in hul familie wat dalk ’n tydjie in die tronk moes deurbring.

Klik hier om meer te lees.

19 April 2013

Ou Lutherse kerk gesloop

Susan Cilliers
 
’n Hoofstuk in die geskiedenis van die Lutherse Kerk in Suid-Afrika is afgesluit toe die eens pragtige kerkgebou naby Ventersdorp onlangs gesloop is.

Die kerk en pastorie was jare lank in onbruik en het so vervalle geword dat dit ’n nes van misdadige bedrywighede geword het.

Klik hier om meer te lees.


18 April 2013

158 Hugenote: 325 jaar se invloed

Dr. Andrew Kok, Durbanville (Dr. Kok se telefoonnommer is 082 500 6758)

Die naam Hugenoot was aanvanklik ’n skelnaam en het eers baie later ’n erenaam geword. Die Franse Protestante wat in die 1600s uit Katolieke Frankryk gevlug het, het na hulself as “reformees” (gereformeerdes) verwys. Prof. Christo Viljoen vertel van die dag toe die “reformees” Marais, Fouché, Malherbe, Pienaar en Le Roux Suid-Afrika bereik het. Prof. Viljoen, afgetrede ingenieur en akademikus, is voorsitter van die Hugenotevereniging van Suid-Afrika.

07 April 2013

Bosveldkaskenades

Barry Vosloo

Vir diegene wat belang stel: vandag woon ons presies vier en twintig dae in die Bosveld. Ons pos- en woonadres is Renaissance 119, Bela Bela 0480 en ons Telkomnommer, 014 736 5381. Terloops, ek is nie seker of dit Bela Bela of Bela-Bela is nie.