Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

ABOUT US

Wikipedia defines genealogy as “the study of families and the tracing of their lineages and history.” The aim is to use various sources to obtain information about a family.

Professional genealogists may conduct research for others, publish books on genealogical methods, teach, or produce their own databases. Hobbyist genealogists typically pursue their own ancestry and that of their spouses. 

Measured against these criteria, the Jeffreys Bay Genealogical Discussion Group may safely be described as a gathering of hobbyist genealogists.

Ons is dus ‘n informele groep wat oor die genealogie en verwante onderwerpe gesels.  Dit is juis laasgenoemde wat die groep uniek en interessant maak.

Lede het almal ‘n gemeenskaplike doel en passie:  die optekening van hul familiegeskiedenis en die geskiedenis van die omgewing. Voortspruitende hieruit is daar baie verhale te vertel, nie net deur die lede nie, maar ook deur die mense van die omgewing.

Die groep kom elke laaste Woensdag van die maand tussen 17:00 en 18:30 byeen.  Daartydens word ‘n praatjie of twee aangebied deur óf iemand van die groep óf ‘n genooide wat ‘n kundige op sy terrein is.

Die vergaderplek is die Santa Fé-restaurant, in die vierkant agter ABSA in Da Gamaweg, Jeffreysbaai.

Geen ledegeld word gehef nie.

Belangstellendes wat by die groep wil aansluit, kan bloot by ‘n maandvergadering opdaag, saam koffie of tee of  ‘n ander dorslesser (vir hul eie rekening) bestel en die samesyn geniet.

Van tyd tot tyd word besoeke aan plaaslike besienswaardighede gebring.  Uitgawes word tot ‘n minimum beperk.

Die groep bestaan sedert September 2008.