Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

11 May 2013

Die ontstaan van die Hankey-sendingstasie in die Gamtoosvallei, Oos-Kaap

Naas Olivier

Hankey, gestig in 1826, is die oudste dorp in die Gamtoosvallei en is vernoem na eerw. William Alers Hankey, ‘n oud-bankier gebore in Aberdeen, Skotland en sekretaris van die “London Missionary Society” (LMS).

Op 2 Junie 1803 het dr. Van der Kemp en eerw. James Read hulle met ‘n  groepie Khoikhoin van die Graaff–Reinet-omgewing in Bethelsdorp, naby die huidige Port Elizabeth, gevestig met toestemming van die owerhede (in daardie tyd die Engelse en later die Bataafse Republiek).

Dr. Van der Kemp het hom veral toegelê op landbou, veeboerdery, ambagte en klein fabrieke.  Die inwoners  is vergoed vir die werk wat hulle verrig het.  Die wins wat gemaak is, is gebruik om sending- en welsynswerk uit te brei.

Die probleme wat dr. Van der Kemp ondervind het, het dit haas onmoontlik gemaak om van die skema ‘n sukses te maak.

In 1822 het ‘n klompie uitgesoekte bekeerlinge van Bethelsdorp hulle op die sendingstasie op Hankey gaan vestig.  Daar is 4000 akker grond in die Gamtoosvallei aangekoop vir die bedrag van R3 000.00  in vandag se terme , waarvan Bethelsdorp eenderde betaal het.  Eerw. J.G. Messer was die superintendent in beheer asook die eerste leraar van die nuut gestige gemeente. 

Die grond sou aangewend word vir weiding en besproeiing.  Die leraars wat eerw. Messer opgevolg het was eerw. John Melville (1831 – 1838), eerw. Edward Williams (1838-1842) en eerw. William Enowy Philip, seun van die bekende sendeling dr. John Philip. 

Inligting verkry uit:
150ste feesherdenking van Hankey, 29 Maart 1972.
Water, deur F.A. Venter.
Geskiedenis van Hankey, deur Dirk Schellingerhout.