Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

05 December 2012

Ossewaens: Hou Links

Graaf Caledon
Daar was twee eeue gelede reeds kommer oor die talle padongelukke in Kaapstad, en oor verkeersgeraas. Graaf Caledon, die eerste burgerlike goewerneur van die tweede Britse besetting, het tipies Brits beslis dat die kolonie die metropool se verkeersreëls moet gehoorsaam. Op 23 Junie 1809 het hy die ondervermelde proklamasie uitgevaardig.

“Ek het berigte ontvang dat ongelukke dikwels voorkom, en dat dit groot gevaar meebring, veral snags, weens die nalatigheid of wangedrag van Drywers van Rytuie, en veral Ossewaens wat tussen die Platte land en Kaapstad heen en weer ry. Ek beveel hiermee dat die volgende Regulasie streng gehoorsaam sal word:
 
Alle persone verstrek aan die Fiskaal of die Landdros van hul onderskeie Distrikte hul name, asook hoeveel Karre of Waens hulle besit, sodat dié geregistreer kan word, en hulle vir elke Wa by betaling van Ses Stuiwers ’n sertifikaat kan ontvang.

Ossewa
En sodat die Drywers van alle sulke Karre en Waens asook dié van hoegenaamd enige soort Rytuig die uiterste reëlmatigheid sal toon, beveel ek hiermee dat alle soorte Rytuie, hetsy deur Perde of Osse getrek, in ’n Straat of Pad links sal hou en altyd regs vir Rytuie van voor ruimte sal laat; en indien enige Rytuig, Kar of Wa skade opdoen, terwyl hy aan die korrekte kant van die pad is, as gevolg van ’n ander wat aan die verkeerde kant is, die eienaar van daardie Rytuig, Kar of Wa nie net die skade sal herstel en daarvoor vergoed nie, maar boonop by weiering verplig sal wees om ’n boete van 20 Riksdaalders te betaal omdat hy die Wet oortree het . . .

Uit: Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika saamgestel deur Hermann Giliomee en Bernard Mbenga. In 2007 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, Kaapstad.