Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

30 March 2013

GENEALOGIESE GESELSGROEP JEFFREYSBAAI SE MAANDELIKSE BYEENKOMS OP 27 MAART 2013



1.       Verskeie  interessanthede  het op die tafel  geland en die groep het almal insette en kommentaar gelewer, oor die volgende onderwerpe:-
*  Familie navorsing  en waar en hoe jy inligting kan bekom -  lede het  selfs hulp vir                 mekaar aangebied.
*  Die betroubaarheid van  inligting, want dit is ook maar net mense wat die inligting verskaf en vorms voltooi – bv. geboortesertifikate, sterftekennisse.
*  Die spelling van name en vanne.
*  Fotografering  van graftes.
*  Die bewaring van Bybels, registers en geskrifte met Genealogiese waarde  vir die nageslag.
*  Voorbestaan van Museums en bewaarplekke  is ‘n probleem in die nuwe Suid Afrika, dit kry nie genoeg  fisiese en finansiële bystand nie, wat meebring dat hulle nie kan  oorleef nie.   Baie word dan genoodsaak om te sluit en die inhoud  beland aan die einde van die dag in ‘n stoorkamer of op ‘n ashoop, of in die hande van persone wat geen waarde daaraan heg nie.
*  Die Bybels en die registers wat dateer uit die begin 1800 by die “United Congregational Church of Southern Africa” te Hankey (Die Hankey Sendingsstasie van 1800)  is geberg  in die kantoor van Rev. Hendrick Pillay.   Volgens hom het sy Kerk geen bewaarplek beskikbaar nie, dus is hy bereid om dit aan ‘n Museum of bewaarplek te skenk vir veilige bewaring.   Ons fotografiese span het die inhoud van die registers  en Bybels fotografeer  vir bewaring en navorsing.
*  Aangaande die bewaring van Bybels, register en dokumente van waarde was die gevoel van die groep dat ons eintlik niks daaraan kan doen om dit vir die nageslag te bewaar nie.  Die gevoel is dat instansies  hul eie stukke moet bewaar vir die nageslag.   As jy oor sodanige stukke beskik beskryf dit in jou testament en dan moet ons hoop en vertrou dat dit bewaar sal bly vir die nageslag.  Museums en bewaarplekke is nie die antwoord nie, omrede die voort bestaan daarvan nie gewaarborg kan word nie.
*  Aan die einde van die byeenkoms was die gevoel van lede teenwoordig dat die gesprekvoering baie interessant en leersaam was en dat daar meer sulke byeenkomste gehou moet word.