Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

09 November 2012

Terugvoer

Naas Olivier

Vergun my die geleentheid om terugvoer te gee oor ons byeenkoms op 31 Oktober 2012 ten einde afwesige lede oor die verloop van die vergadering in te lig.   Ek beoog om aanstaande jaar na elke byeenkoms dieselfde te doen:
  1.  Lede teenwoordig  -  18,   Lede  afwesig met rede  -  6,  Lede afwesig sonder rede  -  3.
  2. Hoffie Williams is as nuwe lid van die groep welkom geheet.
  3. Piet Butler het ‘n interessante praatjie gelewer oor die waterverdeling van die Schoonspruit met verwysing na Ventersdorp, Potchefstroom en Klerksdorp in 1839 – 1899. ‘n Opsomming van die praatjie sal eersdaags in Jaarringe verskyn.
  4. Keith Masson het ‘n praatjie gelewer oor rekenaardrukkers.  Hy diens en herstel ook drukkers en verskaf ook drukkersink. Sy kontakbesonderhede is soos volg:  selfoon – 082 403 0522, e-pos – keith@truwan.co.za
  5. Stief Rootman het ‘n vergadering in Kaapstad bygewoon i.v.m. genealogiese samewerking. Indien iemand meer inligting daaroor wil inwin, skakel asseblief direk met Stief.
  6. Ben Jackson sê dat besonderhede van die Delport-familie van Kirkwood (afstammelinge van Stef Delport) in die 49ste bulletin van die Hugenotevereniging van Suid-Afrika verskyn. Indien iemand meer inligting wil bekom, skakel asseblief direk met Ben.
  7. Die begraafplaasprojek vorder redelik goed. Al die dorpsbegraafplase en gedenkmure in die Kouga is reeds gefotografeer.  Die weer het ons besoeke aan plase in die Gamtoosvallei ietwat in die wiele gery.  Met die vakansie op hande sal ons eers weer aanstaande jaar volstoom aan die gang kom.  Al die grafte wat reeds fotografeer is, is deur Carol Beneke verwerk en ingestuur na GGSA vir plasing op die webwerf.  Berigte is geplaas in die Kouga Express en Jeffreysbaai Courant in verband met grafte op plase. Mense het reeds hierop reageer.
  8. Die vergadering het voorgestel dat ek in die pos van voorsitter moet aanbly. Na bespreking is dit eenparig aanvaar. Ek wil graag my dank uitspreek vir die samewerking wat ek die afgelope jaar van lede ontvang het. Ek sien uit na die volgende jaar en vra asseblief almal se samewerking, om ons groep se sukses nog verder te verbeter.
  9. Indien iemand in die toekoms die groep wil toespreek of iets onder die groep se aandag wil bring wat langer dan vyf minute sal duur, stuur vir my ‘n e-pos met die besonderhede en tyd wat dit in beslag sal neem. Sodoende kan ek dit op die agenda plaas.
  10. Ek soek sprekers vir volgende jaar. Help my asseblief. Ons dra mos almal die groep se belange op die hart.
  11. Tot dusver sal 23 lede ons sluitingsfunksie by Meeding Ferreira op Akkerboom, Kabeljouws, bywoon.  Maak asseblief voor 15 November by Santa Fé jou keuse uit die lys van beskikbare braaipakke. Skakel my indien jy verdere navrae het.
  12. Die vergadering verdaag tot 17:00, 30 Januarie 2013, Santa Fé Coffee Shop.