Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Cecil John Rhodes. Show all posts
Showing posts with label Cecil John Rhodes. Show all posts

14 September 2012

Cecil John Rhodes se verbintenis met Oos-Kaap.

Emmarentia Ferreira 

Cecil John Rhodes
Bitter min mense weet dat Cecil John Rhodes by verskeie grondtransaksies in die omgewing van Kirkwood betrokke was, maar dat die eiendom op ‘n suster en broer se name was. 

Tussen Sapkamma , Glenconnor, Jansenville en Kirkwood, afgesonder en omring deur berge lê ‘n stuk aarde bekend as “Die Moot”. Dis hier waar ‘n hele bedrogspul volgens oorlewering afgespeel het. 

Johannes Frederik de Lange (1831-1886) het op die plaas Kruisrivier gewoon. Hy het ook transport gery na Kimberley en was bevriend met Rhodes. Hy het 19 kinders gehad. Saam met sy tweede vrou se eerste 2 en sy oorlede suster en swaer se 2, het die egpaar dus 22 kinders grootgemaak. Dit is dus te verstane dat daar soms na “die wilde De Langes” verwys was.