Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Stories oor die ou dae. Show all posts
Showing posts with label Stories oor die ou dae. Show all posts

19 September 2012

Dáárom het hulle getrek

Piet Retief
Twee dokumente stippel die oorsake van die Groot Trek uit. Die manifes van die Voortrekkerleier Piet Retief wat op die vooraand van sy vertrek in 1837 in die Grahamstown Journal geplaas is, word dikwels aangehaal. Dit is ’n kombinasie van sterk griewe en goeie bedoelinge. Dit klink vreeslik welsprekend, maar is nie reguit of eg nie. Dit klink na ’n draaiboekskrywer se werk, en is waarskynlik die pennevrug van Louis Meurant, ’n jong koerantredakteur. 

12 September 2012

Hendrik Biebouw – the first Afrikaner?

[It is an extraordinary coincidence that a direct descendant (8th generation) of Hendrik Biebouw's half-sister, Susanna Biebouw, now lives in Jeffreys Bay. His name is Sias Odendaal. An exerpt from the Odendaal family history appeared in Jaarringe on 11 September 2012. Click HERE to read more – Ed.] 

11 August 2012

Schubert, die Weense woude en Barrydale

Diek van Wyk

Franz Schubert
65 jaar gelede, toe ek 'n eerstejaarstudentjie was, het 'n oom van my eendag 'n plaat met twee Schubert-liedere daarop vir my gespeel. Op die een kant was daar Der Erlkönig en op die ander ander kant Heidenröslein. Dit het my lot verseël. Ek was oombliklik en reddeloos 'n gevangene van Schubert se liedkuns. Vir die res van my lewe sou dit my passie bly.


30 July 2012

Sondes met outydse fietse

Diek van Wyk

My eerste fiets het ek in 1935 of 1936 gekry. Fietse het destyds in vier verskillende groottes gekom, bepaal deur die deursnit in duime van die wiele: 22, 24, 26 en 28. Myne was ‘n 22, bedoel vir kleintjies van so 6 tot 7 jaar.

My pa het die verantwoordelikheid om my daarop te leer ry aan ou Abel gedelegeer. Abel se didaktiese vermoëns was egter nie onbesproke nie. Hy het naamlik die fiets aan die saal vasgehou en al agter my aangedraf sonder om te los, met die gevolg dat ek nie geleer het om self reg te kom nie. My pa moes hom toe aansê om my net te help totdat ek my balans behoorlik het en my dan te los. Maar toe het dit weer nie tot hom deurgedring om my in te lig hoe om die fiets tot stilstand te bring as ek eenmaal op vaart is nie. My eerste onbegeleide rit het dus in ‘n heining geëindig, met onbedoelde gevolge vir die heining, die fiets, my nerwe en my ego.

27 July 2012

Dawid Stuurman

One of the interesting stories told by Kobus Reichert, guest speaker at our meeting on 25 July, dealt with Dawid Stuurman. Kobus is the heritage co-ordinator of the Gamtkwa Khoisan Council.

Dawid Stuurman played a key role in the Khoi Rebellion, or Third Frontier War, which lasted from 1799 to 1803. He was born near the Gamtoos River in the Eastern Cape in 1773.

24 July 2012

The Lauterbach organ: a historical asset for the Eastern Cape

Johan Strydom

The Lauterbach organ is the oldest South African-built pipe organ.  There are older pipe organs in the country, but was imported from Europe and the USA as a whole, and rebuilt in South Africa.  This makes the Lauterbach organ an important heritage object.

23 July 2012

Another good story bites the dust

Myra Bosch

Legends of self-sacrifice and survival are common in the wake of great tragedies.

19 July 2012

Die bleddie os

Diek van Wyk

Soutpansberg
Die meeste van my grootword het ek gedoen in die Soutpansberg-distrik, waar my pa die hoof van ‘n plaasskool was. Van tyd tot tyd het amptenare van die onderwys­departe­ment daar aangedoen. Soms het hulle hulle kinders saamgebring om ‘n bietjie bloot­stelling aan die Bosveld te kry, die “great outdoors” en so aan, en dan moes ek hulle geselskap hou, gewoonlik met min sukses. Tussen die kulture van ‘n stadsjapie en ‘n boslansertjie was daar in dié jare nie genoeg raakpunte vir geanimeerde kommunikasie nie.

18 July 2012

Een dorp sterwe sodat ‘n ander kan lewe.

Amor Olivier

Die eerste veeboerpioniers het alreeds omstreeks 1770 die Camdeboo en die Sneeuberge bereik, maar as gevolg van aanvalle en plundertogte deur die Boesmans, was daar teen 1778 feitlik geen blankes meer in die omgewing nie.

17 July 2012

Die geskiedenis van Humansdorp

Diek van Wyk

Junie se spreker was Bartle Logie, skrywer van 7 boeke oor die Oos-Kaapse geskiedenis, een daarvan in samewerking met sy vrou Caryl, ‘n plantkunde-entoesias. Bart het sy praatjie toegelig met foto’s en genealogiese gegewens van die hooffigure in sy verhaal, of liewer verhale, rondom die ontstaan van Humansdorp. 

15 July 2012

Oom Joggie se gebed

Diek van Wyk

Julle kan sê wat julle wil, maar belangstelling in familegeskiedenis word gebore uit nostalgie. En nostalgie kyk na die verlede. Daarom het ek die vrymoedigheid om van tyd tot tyd ietsie oor die ou dae te plaas. Hierdie keer ‘n ware verhaal uit my grootword­wêreld, met net die name van die karakters aangepas.

14 July 2012

Orrelpomp en mallemeulestoot

James Sadie

Ek het die voorreg gehad op ’n redelik klein plattelandse dorpie groot te word. Sommige mense sou dit miskien as ’n agterlike dorpie beskou, veral die stadsmense wat toe al vir baie jare die gerief van elektrisiteit, yskaste, lopende water, warm water en outomatiese telefone gehad het. Nee, ons het hierdie geriewe nie geken nie.

13 July 2012

‘n Voormalige Recce se storie

Diek van Wyk

Peet Coetzee, ‘n voormalige Recce (SA Spesiale Magte Brigade), het onlangs ‘n praatjie tydens ons maandvergadering gelewer - uit die vuis uit, g’n notas, g’n niks. En toe ek hom vra vir ‘n opsomming, het hy net gelag. Hier volg ‘n baie kort verslag van wat hy vertel het.

‘n Toer deur Jeffreysbaai van weleer

Diek van Wyk

Een van ons jongste, of miskien moet ek sê: nuutste: lede is die 83-jarige Meeding Ferreira. Meeding is in die onmiddellike omgewing van Jeffreysbaai gebore, het hier grootgeword, het sy hele werkende lewe in hierdie omgewing deurgebring en woon nou op sy geboortegrond net buite die dorp. Onlangs het hy ‘n groep van ons deur die dorp en die naasliggende plase geneem en ons vertel hoe dit in sy kinderjare daar uitgesien het. Wat hier volg, is ‘n kort verslag van die toertjie, saamgestel uit notas wat hy tot my beskikking gestel het. Daar is geen manier waarop die samevatting reg kan laat geskied aan die rykdom aan inligting wat die energieke Meeding tydens die toer met ons gedeel het en al die landmerke wat hy aan ons uitgewys het nie.

12 July 2012

Ons het eens 'n plaas in Afrika gehad ...

Myra Bosch

Eers was daar net bos in die voormalige Rhodesië.

05 July 2012

‘n Donkie is ‘n wonderlike ding

Diek van Wyk

Die donkie is 'n wonderlike ding
In die ou dae het die radio gereeld ‘n liedjie van Chris Blignault uitgesaai met die titel: “Die donkie is ‘n wonderlike ding”. Êrens in die liedjie, altans soos ek dit onthou, het die woorde "Hy loop op die strand en vreet 'n koerant" voorgekom. Dit moes bewys hoe wonderlik 'n donkie is.


01 July 2012

Stories oor die ou dae

Ons wil graag gereeld ‘n bydrae van ‘n lid plaas oor ‘n interessante onderwerp of ‘n storie, verkieslik oor die ou dae. Ons skop af met ‘n storie wat hom in die Verre Noord-Transvaal afgespeel het. Dit is geneem uit die nuusbrief Markplein waarby Diek betrokke is. Klik hier om toegang tot dié vertelling te verkry – Redaksie.

29 June 2012

Teater in die bosveld

Diek van Wyk

Ek het op ‘n klein plekkie in die Noord-Transvaalse bosveld groot geword. Die naaste dorp, Louis Trichardt, was 71 km daarvandaan en die naaste hospitaal op Pietersburg, 101 km weg. (Ek hou maar by die name van destyds). Dié afstande is met vandag se paaie, wat reguiter is as wat dit toe was. Destyds het hulle meer gekronkel en was hulle heelwat langer, ook en veral wat die aanvoelbare afstand betref.

My pa was die hoof van ‘n skooltjie  van 4 onderwysers en net meer as 100 leerlinge. Omdat die meeste leerlinge van ver gekom het, is hulle in ‘n koshuis gehuisves. Dié wie se ouers hulle kon kom haal, het al om die tweede naweek huistoe gegaan; die res moes met langer tussenposes genoeë neem of maar ‘n hele kwartaal in die koshuis uitsit.