Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label James Sadie. Show all posts
Showing posts with label James Sadie. Show all posts

26 August 2012

Die tragiese verhaal van F.A. Marais.

James Sadie 

Op 9 Julie 1901 is 'n groot aantal mense van Middelburg aangesê om op die markplein teenwoordig te wees vir die verhoor van F.A. Marais vir 'n klag van hoogverraad. 

Hy is deur die militêre kommandant die doodvonnis opgelê. Hy was baie ontsteld aangesien hy vas geglo het dat hy onskuldig was. 

21 August 2012

Die eerste plaasmoord?

James Sadie 

Ek het gedurende my navorsing oor my vrou, Pauline, se stamvader op hierdie interessante gebeure op die internet afgekom. Ek vra myself af of dit nie moontlik die eerste plaasmoord in Suid Afrika was nie. Volgens 'n sekere bron was dit baie moontlik die eerste nadoodse ondersoek aan die Kaap. 

14 July 2012

Orrelpomp en mallemeulestoot

James Sadie

Ek het die voorreg gehad op ’n redelik klein plattelandse dorpie groot te word. Sommige mense sou dit miskien as ’n agterlike dorpie beskou, veral die stadsmense wat toe al vir baie jare die gerief van elektrisiteit, yskaste, lopende water, warm water en outomatiese telefone gehad het. Nee, ons het hierdie geriewe nie geken nie.