Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Gert Houtkanon. Show all posts
Showing posts with label Gert Houtkanon. Show all posts

01 September 2012

Boer maak toe wél ‘n plan!

Barry Vosloo 

Op 28 Junie 2012 het Jaarringe ‘n storie geplaas oor Gerrit Vosloo (1768 – 1860) wat in 1799 tydens die Van Jaarsveld-opstand op Graaff-Reinet ‘n houtkanon gemaak het. Klik HIER om toegang te verkry. 

28 June 2012

Die legende van Gert Houtkanon

Barry Vosloo

Ek is ‘n direkte afstammeling van Gerrit Vosloo (1768 – 1860).

Hy was glo 'n voortvarende en rebelse man; iemand wat nie gehuiwer het om drasties op te tree as daar 'n statement te maak was nie.

Wamaker van nering, het hy op Graaff‑Reinet gewoon waar hy op 6 April 1799 aan die Van Jaarsveld‑opstand deelgeneem het. Die gebeure wat tot die opstand aanleiding gegee het is ‘n storie vir ‘n ander dag. Wat wel vir hierdie vertellinkie van belang is, is die rol wat Gerrit Vosloo volgens oorlewering daarin gespeel het.