Piet Butler
[Hierdie berig bevat uittreksels uit ‘n gelyknamige artikel wat Piet in 1988 geskryf het. Belangstellendes kan ‘n afskrif van die volledige teks bekom deur met hom in verbinding te tree by dawnviewinn@yahoo.com – Red.]
Adriaan Frans Christiaan Röscher is op 3 Augustus 1832 in die distrik Uitenhage gebore en verhuis in 1854 na die Transvaal. In 1856 tree hy in die huwelik met Johanna Sophia van Jaarsveld te Klerksdorp, waar hy ook tydelik sy beroep as onderwyser beoefen.