Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Die Odendaals. Show all posts
Showing posts with label Die Odendaals. Show all posts

27 February 2013

Aan die ander kant ...

Sias Odendaal

In haar boek, Sy stap onder die juk, beskryf Dot Serfontein die eksentrieke tant Hannie, 5de geslag en suster van my grootoupa Roelof Frederik Odendaal. Tant Hannie, gebore 29 Mei 1830 op Rietfontein by Somerset-Oos en oorlede op 8 Februarie 1903 te Makawaanstad by Steynsrus, het in haar lewe ʼn legende in die Vrystaat geword.

11 September 2012

‘n Deernisvolle verhaal uit die familiegeskiedenis van die Odendaals

[Sias Odendaal van Jeffreysbaai het hierdie verhaal aan Jaarringe beskikbaar gestel. Ds. Odie Odendaal (8ste geslag) en Isak Smit (9de geslag) het die navorsing gedoen - Red.]

ʼn Klein dorpie, Odenthal naby Keulen in Duitsland is die bakermat van die Odendaals in Suid-Afrika. “Oden” was die antieke hoofgod van die Germane en “thal” die dal waar Oden aanbid is. Ons stamvader, Wilhelm Odendaal (ook gespel Odendal, Odendall of Odendahl), afkomstig van Odenthal, arriveer in 1706 as soldaat in die Kaap met ʼn vyfjaarkontrak ten tyde van goewerneur Willem Adriaan van der Stel.