Prof. Cobus Ferreira, Jeffreysbaai
Baie dankie vir 'n netjiese berig oor ons stamvader.
Japie Bosch, Jeffreysbaai
Cecilia Simonis, Seattle
Baie dankie vir 'n netjiese berig oor ons stamvader.
Japie Bosch, Jeffreysbaai
Geluk Jaarringe. Ek sien hier is groot geeste uit die genealogie-wêreld uit verskeie plekke in die land wat jou gelukwens. 63 stories in 53 dae wil gedoen wees.
Kowie Swiegers
Met julle blog is ek baie, baie beindruk. Ek sal dit baie gereeld besoek. Sê tog vir almal wat daarmee te doen het ek is trots op hulle. Net so trots is ek op die geselsgroep. Ek kry die idee julle het nou na ‘n nuwe rat oorgeskakel.Kowie Swiegers
Cecilia Simonis, Seattle
Geluk met die baie mooi blog. Goeie ontwerp, maklik om te lees. Ek het dit baie geniet.
Chris Dreyer, Pretoria
Ek hou van Jaarringe. Uitleg eenvoudig en sonder fieterjasies. Net 'n plesier om 'n besoek te bring!
Lucas Rinken, Wes-Gautengtak, GGSA
Baie dankie vir jul baie interessante webjoernaal. Ek het lekker gelees.
Jan van Zyl, Pretoria
Dit is lekker om julle gedagtes op die web te lees.
Hobbie Stoffberg, Malmesbury
Baie geluk met ‘n puik webjoernaal. Lekker wye verskeidenheid van onderwerpe.
Hendrik Louw
Uitstekend. Daar is interessante artikels en ek persoonlik stel ook belang in die Oliviers (jyself) en die Esterhuizens (Barry Vosloo).
Alta le Roux, Oudtshoorn
Ek het julle webjoernaal baie geniet. Lekker stories afgewissel met inligting en die uitleg is maklik. Ek is mos maar ietwat tegnologies gestrem en raak maklik verstringel in moeilike goed!
Simon du Plooy, Potchefstroom
Julle webjoernaal is puik, lesersvriendelik en die inhoud tot sover baie interessant. Ek het die adres al aan ’n hele paar persone gestuur.
Johan Barkhuizen, Centurion
Johan Barkhuizen, Centurion
Dit [Jaarringe] bied 'n mooi verskeidenheid en lewer ‘n waardevolle bydrae.