Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

23 January 2013

Britse wortels groei vas

[Ons lesers vra soms waarom Jaarringe geskiedenisstories plaas. Die antwoord is voor die hand liggend: "If you can understand the forces which shaped men's lives then you can better understand those men." (Van Greenwood in The Researcher's Guide to American Genealogy). Suid-Afrikaanse geskiedenisstories vertel van die storm en drang wat oor die jare heen ‘n groot invloed op die Suid-Afrikaanse psige gehad het; dit het ons nasionale karakter gevorm – Red.]

Die bestuur van die Kaap was tussen 1795 en 1814 ’n hoogs frustrerende gedoente. In Londen het die Europese oorlog alles oorheers. Goewerneurs moes ses maande vir ’n antwoord op hul vrae wag. Daar was onsekerheid oor die onderskeie bevoegdhede van die burgerlike goewerneur en die militêre bevelvoerder. Die kolonie se finansiële administrasie was in ’n warboel. Voormalige Kompanjiesbeamptes het die goewerneurs aangeraai om omsigtig te werk te gaan. Dit het lank geduur voor Engels as die enigste ampstaal afgedwing is, en selfs toe het dit net in Kaapstad posgevat.

Lord Charles Somerset
Toe lord Charles Somerset in 1814 goewerneur aan die Kaap word, was daar geen aanduidings dat die samelewing veel sou verander nie. Die koninklike opdrag het verklaar “u moet die administrasie van Geregtigheid en die Vrede van die Nedersetting so veel as wat omstandighede dit toelaat, uitvoer in ooreenstemming met die wette en instellings wat onder die Ou [m.a.w. Nederlandse] Regering bestaan het”. Die Britte het die Kaap regeer, maar aanvanklik was bitter min daarvan Brits.

Klik HIER om meer te lees.

Uit: Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika saamgestel deur Hermann Giliomee en Bernard Mbenga. In 2007 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, Kaapstad.