Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

01 January 2013

Doodsertifikaat en sterftekennis

Marina Otte van Rustenburg skryf soos volg op die SAGenealogie-webwerf oor ‘n onderwerp wat dalk vir ons lede van belang is:
 
“Ek is bewus van die verskil tussen die doodsertifikaat en die sterftekennis.
Ek weet ook van die Argief en die boedellêers wat daar beskikbaar is, en
hoe om die MHG-nommers op die internet te kry. Ek weet ook die lêers lê vir
‘n ruk by die Meester voordat dit Argief toe gaan, maar ek soek na lêers van
lank terug - voor 1950.

Ek sukkel egter om baie van die ‘ou’ mense se MHG-lêers te kry. Dit lyk my
baie van die ou mense, ( dalk as hulle nou nie so baie bates gehad het nie),
het nie ‘n boedel ‘n lêer nie. Dit lyk dus of sulkes nie ‘n sterftekennis
het nie. Enige raad of hulp daarmee, asseblief. Ek het nogal baie sulke
gevalle tëegekom.

Een so ‘n geval is ‘n oom wat in ongeveer 1947 in die Krugersdorp-hospitaal
oorlede is en daarna op Zeerust begrawe is. Ek kry nie sy boedellêer nie.
Ek aanvaaar daar was seker ‘n inskrywing oor sy afsterwe iewers in die
hospitaal se boeke/dokumente – doodsertifikaat (?).

Weet iemand waar word die inligting geargiveer – m.a.w. waar kan ek die dokument
kry?

Het die ou Transvaalse Provinsiale Administrasie se hospitaal-afdeling sy
eie argiefdokumente?”

Jan Cilliers van Kraaifontein se raad is om https://www.familysearch.org/v te raadpleeg.