Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

09 January 2013

Die Barkhuizen-familiejoernaal

Johan Barkhuizen skryf: “Ritmeester Jacobus Johannes Botha kan beskryf word as 'n knap kavalleriekaptein in Swellendam met 'n kort humeur en skerp tong (veral na 'n paar drankies). Hy was 'n tydgenoot van stamvader Jan Willem Barkhuysen, wat twee keer moes help vrede maak na Botha se wilde uitsprake. Lees die storie op http://familiejoernaal.blogspot.com/.
 
Ek het nie die taal van my joernaal laat versorg nie en sal gou aandag daaraan gee. Ek het dit ook vir prof. O J O Ferreira [van Jeffreysbaai – Red.] gestuur om net te hoor wat hy dink van 'n afleiding wat klein bietjie verskil van sy boek.

Ek is 'n geskiedenisonderwyser by Hoërskool Centurion in Pretoria. Ek werk al baie jare aan die Barkhuizen-register maar is die laaste paar jaar hard besig om die stamvader se storie te skryf. Ek het die laaste 5 jaar elke Desember met vakansie in die Kaapse argief gewerk. Ek dink ek het nou genoeg inligting.

Ons Barkhuizens is in 2016 250 jaar in die land. Wil dan publiseer. Ons het juis in Maart vanjaar 'n familiesaamtrek daar by Herold (tussen George en Oudtshoorn) om die proses aan die gang te sit.”