Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

17 January 2013

Voortrekkerstamouers

Die Jeffreysbaai Courant berig in sy Januarie 2013-uitgawe dat ‘n opsienbare boek onlangs verskyn het. Die titel daarvan is Voortrekkerstamouers 1835 - 1845 en die skrywer is Jan Visagie. Visagie is ‘n dosent in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch.

Volgens die uitgewer is Voortrekkerstamouers 1835-1845 die eerste keer in 2000 gepubliseer. Die tweede, hersiene, uitgawe wat in 2010 uitgegee is, is aangevul met 246 nuwe stamouers. Dit bring die aantal mense wat die Groot Trek meegemaak het, op 'n beraamde 23 000 te staan in plaas van die oorspronklike skatting van 20 000.

Wat hierdie databasis van die Voortrekkers glo nog meer uniek maak, is die versameling uiters skaars foto’s wat daarin verskyn. Die boek bevat ongeveer 150 afbeeldings van die Voortrekkers.

Klik HIER  om die boek te bestel.


Die Jeffreysbaai Courant loof ‘n eksemplaar van die boek as prys uit vir die leser wat in ‘n e-pos “verduidelik hoekom jy die boek moet kry”. Die koerant se e-posadres is jbcourant@telkomsa.net.