Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

30 January 2013

"Jaarringe" - 'n oorsig

Barry Vosloo

Een van die verklaarde doelstellings van Jaarringe lui soos volg: “Hierdie webjoernaal is ‘n weerspieëling van die aktiwiteite van die Jeffreysbaaise Genealogiese Geselsgroep.”

Lede moet maar self oordeel of die webjoernaal aan hierdie doel beantwoord.

Die eerste berig is op 30 Junie 2012 geplaas. Die titel was “Besoek aan die graf van Eva, ons almoeder”. Kowie Swiegers was die skrywer. Sedertdien het 160 berigte verskyn.

Jaarringe het tans 39 intekenaars. Hulle woon hoofsaaklik in ons geweste, maar ook in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad en Kanada. Sodra ‘n nuwe berig geplaas word ontvang hulle ‘n kennisgewing per e-pos.

Tussen 30 Junie 2012 en 29 Januarie 2013 (7 maande) is die webjoernaal ongeveer 10 000 keer besoek. Die besoeke was soms doelbewus (2 600) en ander kere toevallig. Besoekers was hoofsaaklik van Suid-Afrika afkomstig, maar daar was ook Amerikaners, Russe, Duitsers, Hollanders, Engelse, Australiërs, Iere en Brasiliane.