Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

01 February 2013

Wenk: vind “Jaarringe” maklik só

Jy  loop ‘n kennis raak en vertel hom van Jaarringe.  Hy vra die webadres, maar jy kan dit nie onthou nie.  Dis nie maklik om www.jaarringe.blogspot.com altyd in jou kop te hê nie.

Die maklike antwoord op sy vraag is:
  • Gaan na Google.
  • Tik “blog:jaarringe” (geen spasies) en klik op die “enter”-skakelaar. 
  • Die dubbelpunt is baie belangrik. Hoofletters of kleinlettertjies maak nie saak nie.
  • Van die duisende webtuistes wat gevind word, is Jaarringe die eerste een.
Hoe onthou jy dit?  Maklik.  Jaarringe is ‘n blog en dit handel oor die doen en late van die Jeffresybaaise Genealogiese Geselsgroep. Die mooi Afrikaans vir ‘n blog is “webjoernaal”, maar vergeet dit vir eers. Die dubbelpunt moet jy maar net onthou. 

[Berig ontleen aan K'rant, wat beskryf word as “‘n webjoernaal vir oud-werknemers van destyds se Perskorporasie van Suid-Afrika en sy voorgangers”.]