Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

03 February 2013

Twee interessante nuwe boeke te koop

Colin Pretorius, PO Box 2198, Rowville, VIC - AU 3178, skryf aan Japie Bosch: Die afgelope weke was nogal besig, met die insameling, digitalisering en verwerking van 'n aantal nuwe eboeke (genealogie, gemeentegeskiedenisse en ook kultuur-historiese en biografiese boeke) - ek wil kyk of ek nie ten minste een per maand kan vrystel nie en, gegewe al die outeursregtoestemmings wat verkry moet word, behoort daar nog 'n klompie te wees.

Maar daar is darem nou al 2 nuwes beskikbaar (een vir Januarie en een vir Februarie!), te wete My reminiscences of the Anglo Boer War, deur genl. Ben Viljoen en Annatjie Boshoff se Sekretaresse vir die Verwoerds.

In My reminiscences of the Anglo Boer War  beskryf generaal Ben Viljoen sy herinneringe van die Anglo-Boereoorlog. In teenstelling met baie van die ander boeke oor die oorlog, vertoon hierdie boek 'n openhartigheid, onpartydigheid en selfs ook humor (soos opgemerk deur kolonel T Brinckman wat in beheer was van die Broadbottomkamp waar genl. Viljoen aangehou is).

Die boek (212 bladsye, in Engels) bestaan uit 'n voorwoord, inleiding en 52 hoofstukke. Meer inligting is ook op die www.cdbooks-r-us.com-webblad beskikbaar.

Die boek kos slegs R90. Sien onder vir betalingsbesonderhede

Annatjie Boshoff het in 1959 deel geword van die persoonlike staf van die Verwoerds toe sy in April van daardie jaar as privaatsekretaresse vir mev Verwoerd aangestel is. Van die begin is sy in die noue familiekring opgeneem. Soos in die inleiding van die boek genoem, her sy genoop gevoel om haar persoonlike ervarings ten boek te stel en met 'n wyer gehoor te deel. Hierdie ervarings word dan in Sekretaresse vir die Verwoerds uitgebeeld, en gee die leser 'n besondere insae in die lewe van die Verwoerd-egpaar. Meer inligting is op die www.cdbooks-r-us.com-webblad beskikbaar,

Dié boek kos ook R90.

Betaling in Suid-Afrika kan geskied per oordrag/deposito in 'n Absa rekening. Besonderhede sal per epos ná bestelling versend word.