Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

18 February 2013

Kaapse Rebelle - Cradock 1902

Barend Leach skryf op SAGenealogie: Ek het 'n afdruk van 'n foto van 36 manskappe wat te Cradock aangehou is na afloop van die Engelse Oorlog.


H.Oosthuizen; J. van der Merwe; A. Pretorius; P. Kemp; J. Hoffman; C. Fouche; P. Bekker; C. Kleu; S.J. Kleu; T. Swanepoel; J. van der Watt; T. du Plessis; S. van der Merwe; J. Wepener; H. Londt; J. Nell; J. Ollewagen; P. Theron; J. Smith; J. Berense; W. Swanepoel; G. Swanepoel; A. van Eck; J.U. Steynberg; C. Smit; J. Diedericks; P. du Toit; H. van den Berg; C. van den Berg; J. Matthee; P. Blignaut; J. Fouche; P. Bellingan; M. van der Merwe; P. Naude; A. van der Merwe.

Die opskrif bo-aan en al die name wat gelys word onderaan, is almal netjies getik. Dit is nie so 'n duidelike foto dat mense maklik geidentifiseer kan word nie maar is miskien van waarde vir navorsers van die Kaapse Rebelle en ook vir direkte nasate en familie - soos vir my. My oupa Piet Naude is ook op die foto.

[Onder die opskrif 'The Cape Rebels' berig The Brisbane Courier op 18 Junie 1902 soos volg: "The Cape Rebels who surrendered at Cradock, to the number of 209, have been handed over by the military to civil authorities to be dealt with." Klik HIER om die volledige berig te lees - Red.]