Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

27 February 2013

Aan die ander kant ...

Sias Odendaal

In haar boek, Sy stap onder die juk, beskryf Dot Serfontein die eksentrieke tant Hannie, 5de geslag en suster van my grootoupa Roelof Frederik Odendaal. Tant Hannie, gebore 29 Mei 1830 op Rietfontein by Somerset-Oos en oorlede op 8 Februarie 1903 te Makawaanstad by Steynsrus, het in haar lewe ʼn legende in die Vrystaat geword.

Sy word beskryf as eksentriek, beduiweld en vreesloos. Haar familie was welgesteld, suksesvol en invloedryk. Sy was ʼn suksesvolle renperdteler en het veral op Kroonstad baie pryse gewen, was lief vir juwele en dryf haar man tot drank, waarvoor die gemeenskap hom nooit verkwalik het nie. Sy laat haar doodskis uit kosbare hout met goudbeslag en marmer (nie graniet nie) grafstene vir haar en haar man vervaardig en laat ʼn grafkelder met ʼn sinkdak vir hulle bou.

Die grafkelder op die plaas Makawaanstad naby Steynsrus.

Die grafsteen van tant Hannie voor en haar man Josephus agter in die grafkelder.
Let op die foto's van Josephus en Hannie op die voetenent van Josephus se grafsteen
Ter voorbereiding van haar dood het sy gereeld in haar uitgevoerde doodskis gelê, terwyl die bediendes ʼn spieël moes hou sodat sy kon sien hoe sy lyk. Op ʼn keer het sy poedelnakend op die rug van haar perd met haar klere op haar kop deur ʼn vol rivier gery. Sy hang haar kombuisbedeiende op en verloor al haar besittings tydens die oorlog.

Ek het haar agter-kleindogter in Pretoria leer ken en sy het beslis nie ver van die boom geval  nie.
 


 

 

 
 

.