Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

01 February 2013

Tuis onder die Suiderkruis – oor herkoms en genealogie

 Steward van Wyk, Litnet Akademies (Geesteswetenskappe), 11 Desember 2012

Afrikaanse digter, S V Petersen
Die Landstem berig in 1962 oor die herkoms en genealogie van die Petersens na aanleiding van ’n onderhoud wat met Petersen se pa, Sydney snr. – die tuiemaker van Riversdal – gevoer is. In die berig, met die titel “Ek is Blank – My Pa was ’n Sweed” (Lake 1962), voer Sydney snr. aan dat sy vader ’n Sweed was wat ’n kind by die plaaslike predikantsdogter verwek het. Weens die skande van die gebeure is die seun (Sydney snr.) aan die huishulp gegee, wat hom aangeneem het.

Petersen wou hierdie geskiedenis agterhaal en verifieer. Hy rig verskeie navrae hieroor en tydens ’n verblyf in Uppsala, Swede, in 1961 probeer hy op die spoor van sy voorsate kom. Die antwoorde wat hy vermoedelik op sy navrae kry van onder andere die vikaris van Forshälla, word netjies oorgetik op die briefhoof van die Athlone Hoërskool. Hierdie dokumente bevestig dat Petersen se grootvader ene Christian Harald Kollén was wat tussen 1850 en 1880 na Suid-Afrika geëmigreer het. Kollén is gebore op die eiland Orust buite Bohuslan en word in die registers aangedui as ’n handelaar in Afrika. Uitvoerige gegewens word verder verstrek oor Kollén se voorvaders en sy naaste familie.

Die gemeenskap van Riversdal het ’n sluier oor hierdie geskiedenis getrek en die Petersens se pogings om die identiteit van hul biologiese ma/ouma vas te stel, het voor ’n toe deur gestuit. Petersen se seun vertel dat hulle op ’n besoek aan Riversdal na die bruin nedersetting Melkhoutfontein buite Stilbaai gegaan het omdat die mense daar vermoedelik iets geweet het (S.T. Petersen 2010). Dit het egter geen resultate opgelewer nie.

Die misterie van sy herkoms resoneer in Petersen se skryfwerk. Die openingsgedig in die gelyknamige bundel Suiderkruis (1965) peins hieroor.

Klik HIER om meer te lees.