Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

13 February 2013

Nuwe poslys

 
Dennis Pretorius van Krugersdorp skryf op SAGenealogie: Ek het die afgelope paar dae heelwat positiewe kommentaar ontvang oor die nuwe poslys maar ook twee "beswaardes".

Ek gaan dus vir almal se inligting die redes uiteensit waarom ek besluit het om dit te doen, asook die werkwyse en dan laastens waar ons tans staan met die projek.

Redes vir besluit
Sedert die Familysearch-webwerf se plaas van etlike miljoene fotobeelde op die webwerf www.familysearch.org, het mense op verskeie poslyste begin om ongeorden transkripsies en indeksering te doen en elkeen het op sy gunsteling poslys begin om die resultate te plaas. Dit het veral rof begin gaan toe die Cape Civil Deaths van die Familysearch op hulle web geplaas is - meer as 2 miljoen beelde. Chaos het ontstaan met elkeen wat kies wat hy
wil indekseer en niemand wat daaroor 'n oog hou nie.


Ellen Stanton se man, Ron, het begin om 'n Excel-spreivel op datum te hou en hy het gevra dat almal met hom kontak maak voor daar met Cape Civil Deaths begin indekseer en dit was 'n goeie begin.

Werkwyse
Ek het in die naam van GGSA met die verskeie lys-eienaars onderhandel en hulle inkoop gekry om die projek te ondersteun op die basis dat die poslys slegs gebruik word om indeksering en transkripsies op te plaas sodat dit beskikbaar is vir alle lyste - en daar is 19 genealogiese poslyste in Suid-Afrika! Elkeen plaas sy werk op die nuwe lys en dit word met indekse gedoen, byvoorbeeld:

[CCD] vir Cape Civil Deaths
[PERS] vir koerantberigte
[NGKB] vir NG Kerk geboortes, ens. ens.

Die poslys word nie gebruik vir genealogiese gesprekke nie.

Die hoop en verwagting is dat alle bydraers uiteindelik al hulle bydraes net op ZAF-INDEXERS sal plaas en dat dit die ander poslyste sal "skoon" hou vir genealogiese gesprekke.

Waar staan ons nou?
110 lede van verskillende poslyste het aangesluit en 21 van hulle is gereelde bydraers. Die bydraers kom van verskillende poslyste en hulle pos meestal net op ZAF-INDEXERS maar stuur na hulle "Tuisposlys" 'n kennisgewing dat indeksering van bv Cradock sterftes van 1910 op ZAF-INDEXERS geplaas is.

Daar was in die 12 dae vanaf 18 Januarie reeds 552 bydraes. Ek gaan nie elke dag loer nie. Elke maandeinde sal ek gaan kyk vir SCOTT en Mc Donald en hulle inligting onttrek. Ek het pas gekyk en ek het 25 SCOTT-verwysings gekry!

Nou ja, dit is die hele storie. Ek sal dan net vra soos die digter: "Was die boere toe tevrede?" - na 40 dae en 40 nagte se reën!

Groetnis