Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

07 January 2013

Die Slagtersnekrebellie

[Ons lesers vra soms waarom Jaarringe geskiedenisstories plaas. Die antwoord is waarskynlik te vind in wat Van Greenwood in The Researcher's Guide to American Genealogy sê: "If you can understand the forces which shaped men's lives then you can better understand those men." Suid-Afrikaanse geskiedenisstories vertel van die storm en drang wat oor die jare heen ‘n groot invloed op die Suid-Afrikaanse psige gehad het. Dit het ons nasionale karakter gevorm – Red.]

In 1813 het Andries Stockenstrom, ’n twintigjarige adjunk-landdros op die pas gestigte dorp Cradock, ’n groot uitdaging in die gesig gestaar.

Vroeër die jaar het ’n Khoi-Khoi-arbeider met die naam Booy ’n klag teen sy meester gelê. Dié meester was Freek Bezuidenhout, ’n woestaard. Booy het beweer sy meester het sy lone teruggehou en hom ernstig aangerand.

Bezuidenhout was een van talle ontevrede, betreklik arm koloniste in die afgeleë gebied van Bosberg, Bruintjieshoogte en Tarka. ’n Tekort aan grond was ’n groot bron van ontevredenheid, en die teenwoordigheid van Khoi-Khoi- en ander “gekleurde” troepe onder die bevel van wit offisiere was nog een. Stockenstrom het later opgemerk: “. . . die mense sê ‘die swart nasie word beskerm, maar nie die Christene nie’.”

Klik HIER om meer te lees.

Uit: Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika saamgestel deur Hermann Giliomee en Bernard Mbenga. In 2007 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, Kaapstad.