Die gesprek oor die Britse gewoonte dat ‘n vrou haar man se
van en solank as
wat sy getroud is, selfs sy naam, soos Mrs John Brown, moet
aanneem het ‘n
200 jaar oue geskiedenis. Dit moes seker na 1806 toe die
Britse regering die
Kaap oorgeneem het, ingesluip het. Hieronder is ‘n opsomming
wat ek gemaak
het uit ‘n artikel van prof Herman Gilliomee wat baie
insigwend is, waarin
hy uiteensit hoe liberaal die Nederlande en dan ook die Kaap
was danksy die
Romeins-Hollandse reg. Dit is van belang as agtergrondkennis
van ons
stammoeders.
Gedurende die sewentiende en agtiende eeu het die
Romeins-Hollandse gesorg
dat die inwoners van Nederland die meeste individuele vryheid
van alle mense
in Europa geniet het. Dié regstelsel het aan alle mense
naamlik mans, vroue,
vrymense en slawe regte toegeken tot die mate dat die groot
regsgeleerde
Voetius gesê het dit beskerm gelykheid en stel alle burgers
gelyk.
Dit het meegebring dat vroue se wetlike posisie in Nederland
beter was as
enige ander plek in Europa of Engeland. Die Romeins-Hollandse
reg en die
Portugese reg was die enigste regstelsel in Europa wat
gemeenskap van
goedere binne die huwelik erken het. ‘n Weduwee het dus met
die dood van
haar eggenoot helfte van sy boedel geërf het en die seuns en
dogters die
ander helfte. Hierdie bepaling het ook in die Kaap gegeld.
Dit het tot
gevolg gehad dat ‘n vrou wat met ‘n geldige rede, soos
egbreuk, van haar man
geskei het, geregtig was op helfte van sy boedel en dat sy al
die roerende
goedere wat hy aan sy minnares gegee het, kon terug eis.
Die Hollanders het aan die vroue in Nederland en ook in die
kolonies ‘n
aandeel in eiendomsreg gegee wat totaal onbekend was in die
Engelse wêreld.
In Engeland en die ander Europese lande het die man by die
huwelik, die
eienaar van sy vrou se roerende eiendom geword en het sy
enige eis op sy
boedel verloor. In Nederland en aan die Kaap kon vroue
handeldryf en ‘n
beroep beoefen sonder die toestemming van haar
eggenoot.
Dit is opvallend dat die eerste Afrikanervroue aan die Kaap
wat van
eenvoudige afkoms was en dikwels afkomstig uit weeshuise
bewus was van hulle
sterk sosiale posisie as vroue. Hulle het aan die Kaap
aansoek gedoen vir
lisensies wat dan ook aan hulle toegestaan is om gastehuise,
kroeë of ander
besigheid te bedryf. Hulle kon wel nie as ‘n heemraad of
ouderling dien nie
maar het gewone burgerlike status geniet.
Beste groete
Rentia Landman Reid