Die naam Hugenoot was aanvanklik ’n skelnaam en het eers baie later ’n erenaam geword. Die Franse Protestante wat in die 1600s uit Katolieke Frankryk gevlug het, het na hulself as “reformees” (gereformeerdes) verwys. Prof. Christo Viljoen vertel van die dag toe die “reformees” Marais, Fouché, Malherbe, Pienaar en Le Roux Suid-Afrika bereik het. Prof. Viljoen, afgetrede ingenieur en akademikus, is voorsitter van die Hugenotevereniging van Suid-Afrika.
Aankoms van die eerste Franse Hugenote |
Die dag daarna, op 14 April 1688, het die kaptein ’n Khoikoi-boodskapper na die Kaap gestuur om hulp te vra. Die destydse goewerneur van die Kaap van Goeie Hoop, Simon van der Stel, het toe die Jupiter gestuur met lewensmiddele en toue om die Franse vlugtelinge na die Kaap te bring, waar hulle toe op 26 April aangekom het. Die Voorschoten was die eerste van sewe skepe wat Hugenote na die Kaap sou vervoer. Dié georganiseerde migrasie van Hugenote het tussen 1688 en 1689 onder die vleuel van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) geskied. Etlike Hugenote het hulle voor dié datum aan die Kaap gevestig, en nog meer het ná die datum daar aangekom.
Maria de la Quellerie |
Die Edik van Nantes |
Tienduisende het na buurlande soos Duitsland,
Eed = verskeep. Vervoer na die Kaap sou kosteloos op die skepe van die VOC voorsien word, mits die passasier ’n eed van getrouheid aan die Kompanjie aflê.
’n Tas is vir klere. Geen bagasie, behalwe vir persoonlike gebruik, mog saamgeneem word nie.
Wie werk, het brood. Die vlugtelinge moes hulle aan die Kaap vestig en hulself onderhou met landbou, industrie, wetenskap, handwerk of ’n ambag.
Weinig gunste. Die Kompanjie sou grond vir ’n boerdery verskaf, maar die Hugenote moes landbougereedskap, saadkoring en vee koop.
Geen retoer. Die koloniste moes vir vyf jaar aan die Kaap bly en self betaal as hulle wou terugkeer na
Die eerste Hugenote-skip wat Tafelbaai binnegevaar het, was die Oosterland, op Sondag 25 April. Die Oosterland was eintlik die derde skip met Franse vlugtelinge wat uit
Benewens die Voorschoten en Oosterland het die Borssenburg,
Prof. Pieter Coertzen se gesaghebbende boek |
Die Strooidakkerk in die Paarl |
W.A. van der Stel het die gebruik van Frans sterk ontmoedig. Op 20 Maart 1703 het hy aan die Here XVII onderneem om burgers te verplig om Nederlands in die skool en kerk te gebruik.
Dít, tesame met die Hugenote se verspreiding tussen die Nederlandse vryburgers en hul ondertrouery met die Nederlanders, het gesorg dat Frans as gebruikstaal gekwyn het. In 1707 is die gebruik daarvan in amptelike kommunikasie met die owerhede verbied. Teen 1783 het die besoekende dier- en voëlkundige Francois le Vaillant nog net een bejaarde man in Drakenstein aangetref wat Frans magtig was.
Die eerste Hugenote was hoofsaaklik geskoolde ambagsmanne en vakkundiges, en onder hulle het beroepe getel soos skrynwerker, wamaker, ystersmid, skoenmaker, tandarts, barbier, “chirurgyn” en onderwyser. Van boerdery het hulle uiteraard nie veel geweet nie, buiten vir enkele wynmakers en brandewynstokers. Anders as wat algemeen geglo word, het die Hugenote nie van meet af aan wingerde aangelê nie. Dit neem tussen vyf tot sewe jaar voor ’n aangeplante wingerd in produksie kom. Die Hugenote moes ’n bestaan maak en het daarom gefokus op kontantgewasse soos koring, vrugte, groente en vee. Heelwat later sou hul nasate van die mees vooraanstaande wynboere van die Wes-Kaap word.
Die vestigingsjare was baie moeilik. Die Hugenote moes gewoond raak aan die land en die klimaat, landerye aanlê op onbewerkte grond en daarby het weinig van hulle vorige ervaring van boerdery gehad. Twiste met die politieke raad en die goewerneurs het gedurig opgevlam. Reeds op 29 Junie 1691 skryf Simon van der Stel aan die Here XVII ofskoon die Kaap nog meer koloniste nodig het, hy nie nog Franse wil hê nie.
Veral nie “franse Cadets of personen van qualiteit, maar wel arbeijdsame en vrome boeren en handwerksluijden waar onder de Nederlanders en hoogduijtschers bevonden zin, an ander natien hier de love af te steeken."
Tog het die Hugenote ’n blywende impak op ons land gehad. Pieter Coertzen stel dit só: “Die invloed en nalewing van die Hugenote op die gebied van godsdiens, vryheid van geloof, kultuur en landbou, het tot vandag toe bly voortbestaan in Suid-Afrika.”
Hierdie artikel is ontleen aan BY, 13 April 2013.