Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

24 August 2012

Benoeming van opeenvolgende geslagte

'n Gesprek is onlangs op SAGenealogie gevoer met betrekking tot die korrekte benoeming van opeenvolgende geslagte. 

Normaalweg is ons vertroud met die benoeming van die eerste vier geslagte, dit wil sê broer/suster, ouers, grootouers en ouma- en oupagrootjie. 


Hoe nou gemaak as ‘n mens verder terug wil werk – veral diegene wie se voorouers nege en tien geslagte die verlede in strek? 

Jaarringe is nie bewus van die Afrikaantalige ekwivalente van die benamings wat ‘n ongeïdentifiseerde Nederlander volgens Annatjie Tiran eenkeer op SAGenealogie geplaas het nie. Wil iemand probeer? 

Hier volg die Nederlandse benaminge:
  1. ouders 
  2. grootouders 
  3. overgrootouders 
  4. betovergrootouders 
  5. oudouders 
  6. oudgrootouders 
  7. oudovergrootouders 
  8. oudbetovergrootouders 
  9. stamouders 
  10. stamgrootouders 
  11. stamovergrootouders 
  12. stambetovergrootouders 
  13. stamoudouders 
  14. stamoudgrootouders 
  15. stamoudovergrootouders 
  16. stamoudbetovergrootouders 
  17. edelouders 
  18. edelgrootouders 
  19. edelovergrootouders 
  20. edelbetovergrootouders 
  21. edeloudouders 
  22. edeloudgrootouders 
  23. edeloudovergrootouders 
  24. edeloudbetovergrootouders 
  25. edelstamouders 
  26. edelstamgrootouders 
  27. edelstamovergrootouders 
  28. edelstambetovergrootouders 
  29. edelstamoudouders 
  30. edelstamoudgrootouders 
  31. edelstamoudovergrootouders 
  32. edelstamoudbetovergrootouders