Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

29 August 2012

Jaarringe-statistiek

Redaksie 

Volgens StatCounter is die statistiek vir Julie en Augustus met betrekking tot Jaarringe, soos volg: 
  • Aantal intekenaars (d.w.s persone wat op Jaarringe ingeteken het en dus outomaties per e-pos van nuwe berigte kennis ontvang) – 30
  • Aantal berigte geplaas – 70
  • Aantal besoeke – 623
  • Aantal berigte gelees - 2214
  • Gemiddelde aantal berigte per besoek gelees – 3.6 
  • Die berig wat die meeste besoeke ontvang het, was ‘n Voormalige Rhodesiër se bande met Ugie wat op 10 Augustus verskyn het - 52  

Vervolgens gee ons graag ‘n aanduiding van die verspreiding van besoekers aan Jaarringe – al is ons terdeë daarvan bewus dat dit dit dalk nie 100% korrek is nie: 
  • Vanselfsprekend is verreweg die meeste besoekers is uit Suid-Afrika afkomstig 
  • Hierna volg besoekers (in dalende volgorde van frekwensie) vanaf Rusland, VSA, Duitsland, VK, Costa Rica, Frankryk, Ierland, Australië en Nederland. 

Groot dank aan Japie Bosch vir die tegniese voorligting wat hy so geredelik beskikbaar stel. Dis van onskatbare waarde. 

Lede word weer eens vriendelik uitgenooi om interessante inligting in verband met hulle familie-navorsing aan Jaarringe te stuur. 

Neem asseblief kennis dat daar vanaf 21 September tot diep in November geen berigte op Jaarringe sal verskyn nie.