Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

23 August 2012

Mag ek of mag ek nie?

Daar word tans ‘n interessante gesprek op SAGenealogie gevoer met betrekking tot die wetlikheid van persoonlike inligting wat genealoë ter wille van hulle navorsing aanwend. Hieronder volg ‘n aantal geredigeerde menings in verband met die aangeleentheid. Klik hier om die gesprek te volg. 



Richard Thomas Wheeler 
Ek het 'n versoek ontvang van Wheeler-familie in Kanada om al hul inligting asook die hele familielyn te verwyder van my webtuiste. Die inligting oor hul deel van die familie is verkry vanaf ander van hul familie en die persoon wat die versoek rig het ook self eers al my inligting versoek (wat ek vrylik verskaf het). 

Hulle beweer dat "The reason is for cyber hacking and identity theft. We have had quite a few incidents here in Canada, and having "mother’s maiden name" and birth date are key parts of the scam". 

Die meeste inligting is publieke inligting verkry vanaf NAAIRS en Ancestry24 en andere. Hoe moet ek die versoek hanteer? Ek kan mos nie goedsmoeds my 14 jaar se navorsing verwyder nie? 

Louis Hurn 
Ek het ‘n soortgelyke versoek gekry van ‘n groep persone in my familie. Ek het toe maar al die betrokkenes as ”Unknown” gelys, maar op my persoonlike lêer op my rekenaar is al die data. Ek het die kopiereg-kantoor genader en hulle het my verseker dat ek die reg het om die gegewens op my webwerf te hou. 

Hendrik Louw 
Wat gaan beswaardes doen as ‘n koerant 'n storie oor hom/haar skryf. Indien die inligting die waarheid is, kan die eiser NIKS doen nie. Ons wil inligting bewaar vir ons nageslag, nie lewende mense te na kom nie. Wetlik het hy/sy sekerlik nie 'n saak nie. 

Francois Greeff 
Sekere inligting soos huwelike, eiendomstransaksies, ens., word notarieel hanteer. Dit beteken dat dit amptelik openbare inligting word. Genealoë versamel dus openbare inligting wat reeds voorheen deur die staat openbaar gemaak is. I may publish BMD details. If this makes anyone unhappy, then that is his/her problem. No-one has the right to tell me to remove their name, etc., from my website. 

Annatjie Tiran 
Ek het ‘n familielid wat óók alles verwyder wil hê. Ek het gesê: “Dagvaar my maar.” Ek het ook al die plekke genoem waar mens die gegewens kan vind en dat hy/sy dié mense eers moet kontak om dit te verwyder voordat hy/sy eise aan my stel. Dit was drie jaar gelede en daar het niks van gekom nie.