Juis daarom het Jaarringe sedert sy ontstaan dikwels stories oor gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis geplaas, vgl. The judgement of an imam, Die Franse Hugenote in Suid-Afrika, Wat die briewe alles onthou, Tales from a winding river, The terrible laughter of the Afrikaner, ens.
Hierdie stories weerspieël die storm en drang wat oor die jare heen ‘n oorweldigende impak op die Suid-Afrikaanse psige uitgeoefen het.
Soos die onderstaande storie, “Britse wortels groei vas”. Dit verskyn in Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, saamgestel deur Hermann Giliomee en Bernard Mbengu. Dis in 2007 deur Tafelberg Uitgewers uitgegee.
Soos die onderstaande storie, “Britse wortels groei vas”. Dit verskyn in Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, saamgestel deur Hermann Giliomee en Bernard Mbengu. Dis in 2007 deur Tafelberg Uitgewers uitgegee.
“Brittanje het die Kaap tussen 1795 en 1803 tydelik beset, en hoewel hy vasbeslote was om dit ná die tweede besetting van 1806 nie weer prys te gee nie, het die Kaap eers in 1814 formeel ’n Britse kolonie geword. In dié jaar het die groot Europese moondhede ’n vredesverdrag aanvaar om ’n einde te maak aan die oorloë wat kort ná die Franse Revolusie van 1789 uitgebreek het. Brittanje moes die welvarende Oos-Indiese en ander kolonies wat hy tydens die Napoleontiese Oorloë van Nederland verower het, aan hom terugbesorg, volgens die verdrag. Net die Kaap, en wat later Brits-Guinee sou word, het Brits gebly. Die Kaap sou tot 1910, toe dit deel van die Unie van Suid-Afrika geword het, ’n Britse kolonie bly.
Die bestuur van die Kaap was tussen 1795 en 1814 ’n hoogs frustrerende gedoente. In Londen het die Europese oorlog alles oorheers. Goewerneurs moes ses maande vir ’n antwoord op hul vrae wag. Daar was onsekerheid oor die onderskeie bevoegdhede van die burgerlike goewerneur en die militêre bevelvoerder. Die kolonie se finansiële administrasie was in ’n warboel. Voormalige Kompanjiesbeamptes het die goewerneurs aangeraai om omsigtig te werk te gaan. Dit het lank geduur voor Engels as die enigste ampstaal afgedwing is, en selfs toe het dit net in Kaapstad gegeld.”
Klik HIER om meer te lees.