Barry Vosloo
Volgens die Indiese historikus, Anjali Modi, bestaan daar ‘n groot gaping tussen gebeure wat die historikus uitbeeld en hoe gewone mense dieselfde gebeure beskryf. Eersgenoemde, sê hy, “is concerned about the practice of history writing, the uses of evidence, methods of interpretation … “ Laasgenoemde sien geskiedkundige gebeure dikwels “as a tool in [an] ideological campaign … in producing histories that justify its political goals.”
Hiervan moet ‘n mens aflei dat dat gewone mense geskiedkundige gebeure op ‘n baie meer subjektiewe vlak interpreteer as die professionele ouens en dus ‘n skewe voorstelling daarvan gee.