Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

10 September 2012

New studies about “junk DNA”


[Reprinted from Eastman’s Online Genealogy Newsletter. Click here HERE to subscribe - Ed.]

The DNA chromosomes used by genealogy tracking have been referred to as "junk DNA." 

09 September 2012

Die Olivier-familiebybel

Naas Olivier 


Die Olivier-familiebybel
Dié Bybel was die eiendom van my agter-oupagrootjie, Ignatius Petrus Hendrik Olivier (*1823 op die plaas Mynhardtsrivier in die Olifantsriviervallei tussen Calitzdorp en Oudtshoorn; = 20/4/1823 in Gamka). Hy is op 9 November 1846 met Susanna Dorothea Magdalena Jacoba Potgieter te Calitzdorp getroud. Hulle was eie neef en niggie. 

Agter-oupagrootjie-hulle het 15 kinders gehad - 6 seuns en 9 dogters.  Voor in die Bybel was die kinders se  name, geboorte- en doopdatums aangeteken. Die skrif in die Bybel is vermoedelik sy handskrif en dié van sy vrou. 

08 September 2012

The Archival Platform

The Archival Platform bevat interessante inligting m.b.t genealogiese goete. Klik HIER om toegang te verkry - Red.

07 September 2012

19th century beauty tips

[Reprinted from Eastman’s Online Genealogy Newsletter. Click here HERE to subscribe - Ed.]

06 September 2012

Record Transcripts

Click HERE to access the records listed below.

Amsterdam Classis 
  • De Stael Letters 
  • Slave Baptisms
  • Cabo Church Board
  • Drakenstein Church Board 
Muster Rolls of free men 

Church Registers
  • Cape Town Baptisms 1653-1664
  • Cape Town Baptisms 1665-1695
  • Cape Town Baptisms 1695-1712
  • Cape Town Marriages 1656-1662
  • Cape Town Marriages 1665-1695
  • Cape Town Marriages 1696-1712
  • Drakenstein baptisms 1694-1713 
Stellenbosch baptisms  

05 September 2012

A sticky wicket?

Roberta Estes


[The following posting recently appeared in SA Genealogie. If you have not yet visited this outstanding website, click HERE to find out how to access a valuable source of genealogical information. 

Click HERE and HERE to read previous postings in Jaarringe dealing with the use of DNA to trace ancestry  - Ed.] 

I've been thinking about whether or not I should publish this posting. As I write and rewrite it, I still haven't made up my mind. It's one of those sticky wickets, as they are called. 

04 September 2012

Wat die briewe alles onthou

Danie Marais, BY (bylaag tot Die Burger), 1 September 2012 


Bernard du Plessis by die uitstalling van sy lewenswerk – “’n posgeskiedenis van die Boereoorlog”. 
Foto: Michael Hammond 

Hy het “mal geraak” toe hy briewe uit die oorlog begin versamel, en vandag is sy versameling sowat R15 miljoen werd. Maar wat gaan tog daarvan word? vra Bernard du Plessis omgekrap vir Danie Marais. 

03 September 2012

Some South African Genealogy Milestones

This article was published earlier this year by


Since the earliest days at the Cape far sighted individuals recognised the need for recording genealogical information of the new arrivals to the Cape since 1652 From 1652 there were exceptional milestones reached by the recording of genealogies. Genealogy in South Africa today is the hobby of many South Africans and a growing science. It would be unfair to say that the following list is comprehensive but it still reflects the growth and development of genealogy in South Africa. 

01 September 2012

Boer maak toe wél ‘n plan!

Barry Vosloo 

Op 28 Junie 2012 het Jaarringe ‘n storie geplaas oor Gerrit Vosloo (1768 – 1860) wat in 1799 tydens die Van Jaarsveld-opstand op Graaff-Reinet ‘n houtkanon gemaak het. Klik HIER om toegang te verkry. 

31 August 2012

Die stamvader van die Ferreiras in Suid-Afrika

Die feitelike gegewens van hierdie eg-menslike verhaal is ontleen aan die Ferreira-stamregister, saamgestel deur Emmarentia Ferreira van Jeffreysbaai en Janet Melville van Port Elizabeth, asook Stamvader Ignatius Ferreira en sy naverwante wat in 1997 deur prof. O.J.O. Ferreira gepubliseer is – Red. 

30 August 2012

Die held van Somerset-Oos

Barry Vosloo 

Kmdt. Paul Jacobus Erasmus
Kommandant Paul Jacobus Erasmus is op 21 September 1829 gebore, en sterf op 14 Januarie 1881 in Basoetoland. Die verhaal van sy dood word in hierdie storie vertel. Hy tree op 24 Januarie 1853 met Helena Francina Jacoba Vosloo in die huwelik. Sy is op 18 Mei 1832 op Somerset-Oos gebore en is daar op 2 Februarie 1902 oorlede. 

Kommandant Erasmus se skoonseun (?), Johannes Arnoldus Vosloo (1862), wat ook bekend gestaan het as Hans, het 'n lewensbeskrywing van sy skoonvader nagelaat waaruit dit blyk dat hy (Erasmus) as jong seun reeds tekens getoon het dat hy "van onverskrokke karakter was". Hy het onder andere 'n luiperd op kort afstand doodgeskiet en, gedurende 'n Kafferoorlog, toe die meeste boere in die omtrek op kommando was, 'n bende veediewe agtervolg. 

29 August 2012

Jaarringe-statistiek

Redaksie 

Volgens StatCounter is die statistiek vir Julie en Augustus met betrekking tot Jaarringe, soos volg: 
  • Aantal intekenaars (d.w.s persone wat op Jaarringe ingeteken het en dus outomaties per e-pos van nuwe berigte kennis ontvang) – 30
  • Aantal berigte geplaas – 70
  • Aantal besoeke – 623
  • Aantal berigte gelees - 2214
  • Gemiddelde aantal berigte per besoek gelees – 3.6 
  • Die berig wat die meeste besoeke ontvang het, was ‘n Voormalige Rhodesiër se bande met Ugie wat op 10 Augustus verskyn het - 52  

28 August 2012

Só het ek uitgevind my pa en ma is neef en niggie

JAPIE BOSCH skryf: Met die genealogiese rekenaarprogram, Legacy, het ek 'n klompie jare terug 'n ontdekking gemaak wat andersins waarskynlik nooit vir ons familie bekend sou gewees het nie: my twee ouers (albei oorlede) was neef en niggie. Nouwel vyfde geslag neef en niggie, maar Jacob Rudolph Jacobus Bosch en Louisa Petronella Jacoba Labuschagne het 'n verwantskap gehad.

27 August 2012

Drie stories oor die ou-ou dae

Barry Vosloo 

Adriana Jacomina Esterhuysen (foto links) is op 3 Februarie 1878 in die Utrecht-distrik op die plaas Baltusspruit gebore. Sy was 'n nooi Ferreira, die aanvallige dogter van Petrus Gerhardus en Susanna Elizabeth Ferreira. Adriana was waarskynlik ‘n nasaat (sesde geslag) van Ignácio - later Ignatius - Ferreira (1695 – 1772) wat die stamvader van die meeste Ferreiras in Suid-Afrika was.

Soos die meeste kinders, het haar kleinkinders hulle verluister aan hulle ouma se vertellings oor die “ou” dae. 

26 August 2012

Nuwe tak van die GGSA gestig

Simon, van George, skryf op SA Genealogie:

Net om julle in te lig dat 'n nuwe tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika gister (24 Augustus) op George gestig is. 

Die tak beoog om die Suidkaap vanaf Albertinia-Stilbaai oor Mosselbaai, George, Knysna en Plett tot by Stormsrivier en ook die Klein Karoo in te sluit. 

Die tragiese verhaal van F.A. Marais.

James Sadie 

Op 9 Julie 1901 is 'n groot aantal mense van Middelburg aangesê om op die markplein teenwoordig te wees vir die verhoor van F.A. Marais vir 'n klag van hoogverraad. 

Hy is deur die militêre kommandant die doodvonnis opgelê. Hy was baie ontsteld aangesien hy vas geglo het dat hy onskuldig was. 

25 August 2012

The South African cultural mosaic

Compiled by A.M. van Rensburg and B.J. Vosloo

Wikipedia points out that the Canadian concept of cultural mosaic suggests that the integration of the many different cultures in Canada combine like a mosaic, as opposed to the more traditional notion of a cultural melting pot. 

The idea of cultural mosaic is almost certainly just as applicable to South Africa, where ethnicity is juxtaposed but does not merge into a single homogeneous culture. Each culture more or less keeps its own distinct qualities. 

24 August 2012

Benoeming van opeenvolgende geslagte

'n Gesprek is onlangs op SAGenealogie gevoer met betrekking tot die korrekte benoeming van opeenvolgende geslagte. 

Normaalweg is ons vertroud met die benoeming van die eerste vier geslagte, dit wil sê broer/suster, ouers, grootouers en ouma- en oupagrootjie. 

23 August 2012

Mag ek of mag ek nie?

Daar word tans ‘n interessante gesprek op SAGenealogie gevoer met betrekking tot die wetlikheid van persoonlike inligting wat genealoë ter wille van hulle navorsing aanwend. Hieronder volg ‘n aantal geredigeerde menings in verband met die aangeleentheid. Klik hier om die gesprek te volg. 

22 August 2012

The truth about the Van Riebeecks

The fake Van Riebeeck
The well-known portrait of Jan van Riebeeck (left) is in fact not Van Riebeeck at all, but Bartholomeus Vermuyden. 

The face on the previous South African banknote, too, was not Van Riebeeck’s but Vermuyden’s.