Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

29 August 2012

Jaarringe-statistiek

Redaksie 

Volgens StatCounter is die statistiek vir Julie en Augustus met betrekking tot Jaarringe, soos volg: 
  • Aantal intekenaars (d.w.s persone wat op Jaarringe ingeteken het en dus outomaties per e-pos van nuwe berigte kennis ontvang) – 30
  • Aantal berigte geplaas – 70
  • Aantal besoeke – 623
  • Aantal berigte gelees - 2214
  • Gemiddelde aantal berigte per besoek gelees – 3.6 
  • Die berig wat die meeste besoeke ontvang het, was ‘n Voormalige Rhodesiër se bande met Ugie wat op 10 Augustus verskyn het - 52  

28 August 2012

Só het ek uitgevind my pa en ma is neef en niggie

JAPIE BOSCH skryf: Met die genealogiese rekenaarprogram, Legacy, het ek 'n klompie jare terug 'n ontdekking gemaak wat andersins waarskynlik nooit vir ons familie bekend sou gewees het nie: my twee ouers (albei oorlede) was neef en niggie. Nouwel vyfde geslag neef en niggie, maar Jacob Rudolph Jacobus Bosch en Louisa Petronella Jacoba Labuschagne het 'n verwantskap gehad.

27 August 2012

Drie stories oor die ou-ou dae

Barry Vosloo 

Adriana Jacomina Esterhuysen (foto links) is op 3 Februarie 1878 in die Utrecht-distrik op die plaas Baltusspruit gebore. Sy was 'n nooi Ferreira, die aanvallige dogter van Petrus Gerhardus en Susanna Elizabeth Ferreira. Adriana was waarskynlik ‘n nasaat (sesde geslag) van Ignácio - later Ignatius - Ferreira (1695 – 1772) wat die stamvader van die meeste Ferreiras in Suid-Afrika was.

Soos die meeste kinders, het haar kleinkinders hulle verluister aan hulle ouma se vertellings oor die “ou” dae. 

26 August 2012

Nuwe tak van die GGSA gestig

Simon, van George, skryf op SA Genealogie:

Net om julle in te lig dat 'n nuwe tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika gister (24 Augustus) op George gestig is. 

Die tak beoog om die Suidkaap vanaf Albertinia-Stilbaai oor Mosselbaai, George, Knysna en Plett tot by Stormsrivier en ook die Klein Karoo in te sluit. 

Die tragiese verhaal van F.A. Marais.

James Sadie 

Op 9 Julie 1901 is 'n groot aantal mense van Middelburg aangesê om op die markplein teenwoordig te wees vir die verhoor van F.A. Marais vir 'n klag van hoogverraad. 

Hy is deur die militêre kommandant die doodvonnis opgelê. Hy was baie ontsteld aangesien hy vas geglo het dat hy onskuldig was. 

25 August 2012

The South African cultural mosaic

Compiled by A.M. van Rensburg and B.J. Vosloo

Wikipedia points out that the Canadian concept of cultural mosaic suggests that the integration of the many different cultures in Canada combine like a mosaic, as opposed to the more traditional notion of a cultural melting pot. 

The idea of cultural mosaic is almost certainly just as applicable to South Africa, where ethnicity is juxtaposed but does not merge into a single homogeneous culture. Each culture more or less keeps its own distinct qualities. 

24 August 2012

Benoeming van opeenvolgende geslagte

'n Gesprek is onlangs op SAGenealogie gevoer met betrekking tot die korrekte benoeming van opeenvolgende geslagte. 

Normaalweg is ons vertroud met die benoeming van die eerste vier geslagte, dit wil sê broer/suster, ouers, grootouers en ouma- en oupagrootjie. 

23 August 2012

Mag ek of mag ek nie?

Daar word tans ‘n interessante gesprek op SAGenealogie gevoer met betrekking tot die wetlikheid van persoonlike inligting wat genealoë ter wille van hulle navorsing aanwend. Hieronder volg ‘n aantal geredigeerde menings in verband met die aangeleentheid. Klik hier om die gesprek te volg. 

22 August 2012

The truth about the Van Riebeecks

The fake Van Riebeeck
The well-known portrait of Jan van Riebeeck (left) is in fact not Van Riebeeck at all, but Bartholomeus Vermuyden. 

The face on the previous South African banknote, too, was not Van Riebeeck’s but Vermuyden’s. 

21 August 2012

Die eerste plaasmoord?

James Sadie 

Ek het gedurende my navorsing oor my vrou, Pauline, se stamvader op hierdie interessante gebeure op die internet afgekom. Ek vra myself af of dit nie moontlik die eerste plaasmoord in Suid Afrika was nie. Volgens 'n sekere bron was dit baie moontlik die eerste nadoodse ondersoek aan die Kaap. 

20 August 2012

Die Franse Hugenote in Suid-Afrika

Die Hugenote-monument in Franschhoek
Die ondervermelde inligting oor die Franse Hugenote is oorgeneem uit twee geloofwaardige webtuistes: die Hugenote-vereniging van Suid-Afrika en die  Suid-Afrikaanse Ensiklopedie

19 August 2012

1820 Settler genealogy

Members may be aware of the following sources giving information about the 1820 settlers who had a major impact on life in the Eastern Cape.

18 August 2012

The Bergtheil Settlers

Reprinted from Mole’s Genealogy Blog (click here to access). 

Jonas Bergtheil



A group of German settlers came to Natal in March 1848 on the ship Beta, under a private scheme arranged by Jonas Bergtheil. This was the first organized initiative to bring settlers to Natal, pre-dating the much-publicised and well-documented Byrne scheme. 

15 August 2012

British concentration camps of the South African War, 1900 – 1902

These camps were formed by the British army to house the residents of the two Boer republics of the South African Republic and the Orange Free State. They were established towards the end of 1900, after Britain had invaded the Boer republics. 

14 August 2012

In search of my great-grandfather

Myra Bosch 

I was inspired by my late brother's life task and brilliant book about our Jackson ancestors. Each family member received a copy. My husband, who had retired at that time, decided to create a family tree for our children. Our parents on both sides were deceased so he started looking up long forgotten aunts, uncles and cousins from his side of the family. He met up with a seasoned genealogist who introduced him to a computer programme which had exciting features such a variety of family trees and layouts for a book. 

12 August 2012

Boer settlement in South America

Comodoro Rivadavia, Argentina 
Once they lived here in their thousands, but now only a handful of Afrikaans-speaking Boers remain in the windswept Patagonian coastal town of Comodoro Rivadavia and its hinterland.

Between 1903 and 1909, up to 800 Boer families trekked by ship to this lonely spot on Argentina's east coast, about 1500km north of Tierra del Fuego.

They had suffered badly in the 1899-1902 South African War. Some had lost family members in Kitchener's infamous concentration camps; others had their farmhouses destroyed by British troops.

11 August 2012

Schubert, die Weense woude en Barrydale

Diek van Wyk

Franz Schubert
65 jaar gelede, toe ek 'n eerstejaarstudentjie was, het 'n oom van my eendag 'n plaat met twee Schubert-liedere daarop vir my gespeel. Op die een kant was daar Der Erlkönig en op die ander ander kant Heidenröslein. Dit het my lot verseël. Ek was oombliklik en reddeloos 'n gevangene van Schubert se liedkuns. Vir die res van my lewe sou dit my passie bly.


10 August 2012

‘n Voormalige Rhodesiër se bande met Ugie

Barry Vosloo

Myra Bosch


Myra Bosch, ‘n voormalige Rhodesiër en tans ‘n lid van die Jeffreysbaaise Genealogiese Geselsgroep, vertel dat haar ouma se broer, ds. MTR Smit, vanaf 1917 tot 1960 die NG predikant op Ugie was. 

09 August 2012

Sterilisasie van armblankes in Suid-Afrika


Die vraag of armblankes in die middel van die vorige eeu gesteriliseer is om goeie gene onder Suid-Afrikaners te verseker, is ‘n ruk gelede op SA Genealogie bespreek. Hieronder volg ‘n geredigeerde weergawe van die elektroniese gesprek. 

08 August 2012

The first people of the Kouga

Kobus Reichert

The Kouga region (Google Images)
“Kouga” is a KhoiSan word meaning: “Hippopotamus River”. It is a region with an abundance of archaeological sites and cultural artefacts linked to the first inhabitants of the land. The oldest evidence of the early inhabitants are large stone tools, called hand axes and cleavers, which can be found in the river gravels which capped the hill slopes in the region. These large stone tools are from a time period called the Earlier Stone Age and may date between 1 million and 250 000 years old. These large stone tools are often found associated with the gravels in the area, and were later replaced by smaller stone tools called the Middle Stone Age (MSA) flake and blades industries. Evidence of MSA sites occur throughout the region and date between 120 000 and 30 000 years old.