Stief Rootman
Ek het maar `n terloopse belangstelling in my herkoms gehad en aangesien my ouers Transvalers van geboorte was en later in die Kolonie kom bly het, het ons buite die sirkel van familiekontak gebly. Daar was dus min of geen interaksie met hulle. Behalwe vir `n paar ooms en tannies en neefs en niggies het ek min van die familie geweet.
Ek was later jare betrokke by `n groot versekeringsmaatskappy en in
Intussen het my firma my op `n vervroegde pensioen geplaas en was ek vry om te reis. Ek het die nasionale telefoonregisters deursoek en almal wat een van die verbuigings van dié van het van my missie vertel. Ek het hordes inligting bekom, so baie dat dit bykans onmoontlik was om dit te verwerk. Daarbenewens het ek die Provinsiale argiewe in Grahamstown, Pietermaritzburg, Bloemfontein, Kimberley, Pretoria, Port Elizabethen en Kaapstad besoek en afskrifte gemaak van sterftekennisse, hooggeregshowe se besliste sake, en so meer. Ook het ek die kerkrekords nagegaan van daardie gebiede waar daar `n wesentlike teenwoordigheid van Rooties was. Dit was heel interressant en vervullend. Dr. Malan het sy boek afgesluit en dit uitgegee. Hy het al sy dokumentasie aan my oorgemaak en ek het daarmee voortgegaan. Die boekie het 510 “Rooties” gedokumenteer en is baie goed in die mark ontvang.
Die probleem met so `n projek is dat dit nooit afgesluit raak nie. Soos wat jy besonderhede aanteken gebeur daar nuwe dinge wat ook inskrywing verdien, dus het ek my in `n web laat vas spin waaruit ek nie maklik sal kan loskom nie. As jy met so `n groot groep mense werk is daar so baie uitstaande beloftes dat jou frustrasiepeile deurgaans op breekpunt is. Boonop het ek nooit my korttermyn geheue herwin nie en word ek dikwels daardeur in die verleentheid gebring.
Toe ons vier jaar gelede die Genealogiese Geselsgroep op Jeffreysbaai stig, het ek by Japie Bosch kers aangesteek. Hy het my attent gemaak op die enormiteit van my aanvanklike projek en aanbeveel dat ek dit opbreek in seksies en dan die verskillinde seksies een vir een afhandel. Ook het hy aanbeveel dat ek oorskakel na die Legacy program omdat dit meer verbruikersvriendelik skyn te wees.
Aanvanklik kon ons nie die inligting nie oorgedra kry nie maar genealogiese navorsers is vriendelike en hulpvaardige mense en is die werk deur `n vriend in London vir my gedoen. Genadiglik het ek Japie se raad gevolg en besluit om die afstammelinge van my Oupa Boy Rootman aan te teken en ook om waar moontlik foto’s van die nageslag op te neem. Soos dit maar met sake van dié aard gaan is daar nog vele uitstaande foto’s maar ek het daarin geslaag om elke afstammeling aan te teken. Daar is tans 2541 van hulle.