Tyd en geduld. En wees knaend op die spoor van die familie. Met dié gereedskap kan jy tot die redding van ou foto’s kom en dit vir die nageslag bewaar.
‘n Klompie jare terug het ek naarstig na die Herbst-familie in my ma se voorgeslag begin soek. Daar is nie veel nie en ek soek vandag nog.

Ek was hoogs in my skik, maar ook teleurgesteld. In my skik, omdat dit in 1911 geneem is en al die name was daar. Teleurgesteld, want die name was op die foto geskryf en daar was ‘n hap uit die foto. Twee van die mense was ‘n oupa- en oumagrootjie van my. Daaroor was ek verheug.
Hierdie foto het ‘n nuwe belangstelling by my wakker gemaak – die herstel van ou foto’s.
Stap een was om ‘n goeie rekenaarprogram te kry – Photoshop Elements - en dit te leer. Soos met die meeste programme moete ‘n mens sit en “speel” en alles probeer. Hier en daar en oral. As jy vashaak, googleer jy. Die inernet is vol van lesse en wenke.


My ouma, Maria Elizabeth Herbst (1891 - 1955), is ook op die foto toe sy 20/21 jaar oud (links) was.
Ek kon dadelik sien dat van ons familie haar trekke het.
Ná 'n uur of so se "regmaak" kon ek 'n beter prentjie van haar kry soos die een regs.