Die nasionale algemene
jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika word op 16 Maart 2013 in
die ou Landdrosgebou, Krugersdorp, gehou. Die Wes-Gautengtak van die Genootskap
is die gasheer.
Benewens die
jaarvergadering word verskeie byeenkomste aangebied.
Op 15 Maart word 'n
Roodepoortmuseum-maanligtoer onderneem. Die koste van R60 per persoon, sluit 'n
ligte ete in. Tydens die AJV op 16 Maart, verken metgeselle van die
afgevaardigdes geskiedkundige/interessante plekke en geboue in Krugersdorp. Die
koste van R60 per persoon, sluit 'n ligte middagete in. Later vind 'n gala-dinee
in die saal van die Golden Age Village plaas. Sondagoggend, 17 Maart, vind 'n gratis
gedenkdiens by Paardekraal
Monument plaas.