GGSA Noordwes se volgende byeenkoms vind plaas op Maandagaand, 4 Maart 2013 om 18:30 vir 19:00 in die Auditorium van die Museum & Biblioteekgebou op die hoek van Sol Plaatjie- en Wolmaranstraat, Potchefstroom.
Charl Blignaut, lektor in Geskiedenis verbonde aan die Vakgroep Geskiedenis en Antieke Kultuur van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), se onderwerp van bespreking het die indruwekkende titel Die wesensaard van die Ossewa-Brandwag (OB) en die belang van die OB-versameling as erfenisskat van Potchefstroom.
